Maandag, 30 Januarie 2017

Roosblaar konfyt / stroop

Hierdie resep kan tweeledig gebruik word. Die eerste opsie is daarom soos ‘n stroop te berei sonder pektien. Die eindproduk gaan loperig, amper stroperig voorkom. Die tweede opsie is om jou eie tuisgemaakte appel pektien by te voeg sodoende ’n meer jellierige eindproduk te kry. Verder moet die stroop ook die geur van roos bevat en daarom as jy nie roosblare in die hande kan kry wat heerlik ruik nie, kan jy die geur inbring deur bietjie rooswater by die mengsel wat kook te voeg. Onthou hoe donkerder die rose hoe meer kleur...ek het onlangs wit blare gebruik en bietjie kappertjie blomme bygesit en as bo laag vir kaaskoek gebruik. Was amper feetjie mooi gewees. So speel met eetbare blommetjies. 

Kortom: die eindproduk sal nie nadelig beïnvloed word as jy die rooswater of pektien uithaal nie. Die keuse bly joune watter konsistensie (dikte) die eindproduk moet wees. So...kom ons begin.

500 g (2 ½ k) witsuiker
500 g (2 k) water
200 g (5 k ongeveer) roosblare met sterk geur, goed gespoel
¼ t (1 mℓ) rooswater (opsioneel as rose sterk reuk het, is dit nie nodig nie)
30 mℓ (2 e) vars suurlemoensap
*125 mℓ tuisgemaakte pektien (opsioneel indien jy net stroop wil maak)

*sien les by volgende skakel om Appel pektien te kook..Baie maklik en vinnig en kan gevries word: http://boerekostwist.blogspot.co.za/2016/03/tuisgemaakte-pektien.html

Nee ongeveer 150 g (¾ k) suiker en voeg dit by die blare. Vryf baie liggies met jou vinger punte die korrels van die suiker teen die blare, sodoende die geure en kleure te ontsluit. Die blare sal effens gekneus lyk en dit is die doel.

Verhit die water en giet oor blare. Dreineer die vog wat afkom en plaas terug in kastrol en hou blare eenkant. Verhit die rooswater en voeg die res van die suiker saam en roer totdat die suiker kristalle opgelos het. Was die kante van die kastrol met skoon water af. Die mengsel mag nog nie kook nie. Sodra al die kristalle opgelos is kook die stroop vir 5 minute en voeg dan die roosblare by. Kook die mengsel vir 30 minute.

Na 30 minute sal jy merk dat die roosblare nie meer bo dryf nie en eweredig versprei...hull krimp. Voeg dan die suurlemoensap, rooswater en pektien by. Kook weer vir 5 minute.

Bottel in steriele skoon warm bottels en seel dadelik. Draai die bottels op hul koppe sodat waterdamp op die einde eweredig kan versprei en skimmel voorkom wat op die oppervlakte kan vorm voorkom.

Geniet met skons, roomys, gewone yoghurt, vla, stoop oor koeke, kaaskoek...die lys hou nie op nie.

Bron: Annelien Pienaar, 2017, www.bosenberggeustfarm.co.za

Hoeveelheid: 450 mℓ konfyt.

Sondag, 29 Januarie 2017

Outydse Groenmieliebrood

Hierdie resep het Henriëtte Janse van Vuuren vir ons gestuur. Ek het bietjie aan die metode verander want die oumense het die resep gestoom. Ek het eenvoudig net die panne baie goed met twee lae foelie toegedraai en so die broodjie gestoom. Die broodjie word met groen koppe mielies gemaak, waarvan die pitte afgesny is. Ek het jong mielies gebruik en was melkerig. Moenie ou harde mielies gebruik nie. Die broodjie is voorwaar ‘n groot bederf, sag, geurig en klam.

Ek het in my broodjie paar variasies gedoen en 5 e spriet uie ingesit. Speel met kruie!

3 k rou groenmielie pitte van kopaf gesny
45 mℓ (3 e) koekmeel
10 mℓ (2 t) bakpoeier
30 mℓ (2 e) botter of margarien
30 mℓ (2 e) bruinsuiker
3 mℓ (¾ t) sout

Voorverhit oond na 180 . Plaas ‘n oondpan in die oond wat as bain-marie gebruik gaan word. Hou ‘n pot met kokende water op die plaat om later die pan vol te maak as die pannetjies ingesit word.

Maal die mielies met ‘n vleismeul. Indien jy nie ‘n vleismeul het nie, kan die voedselverwerker ingespan word.

Meng al die bestanddele goed saam. In die ou dae het die mense die broodjie in blikkieskos blikkies gebak...maar deesdae het ons oulike panne vir die werk. Smeer die pannetjies goed en skep vulsel in. Maak die pannetjies met twee lae foelie toe en druk die kante baie stewig toe sodat dit stoom inhou.

Plaas die pannetjies in die oondpan en vul die pan sodat die pannetjies halfpad bedek is met kook water. Verlaag die oond se hitte na 160 en bak vir 1 ½ h tot 2 ure tot gaar.  

Bron: Henriëtte Janse van Vuuren, 2017.

Hoeveelheid: 1 broodjie van 19 cm x 10 cm pannetjie.

Dille en Suurlemoen gemarineerde Hoender

Tyd is teen ons almal wat werkend is en moet altyd sukkel om kos op die tafel te sit wat aan almal se smake voldoen. Ek is baie bevoorreg om hoender in grootmaat aan te koop. Meeste van die hoender word dan vooraf gegeur met souse, marinades en soute. My gunsteling is om heel hoender oop te vlek en dan met die marinade te vries. Verder marineer ek ook vooraf al die stukkies soos vlerkies, dye en boudjies. Hierdie marinade is natuurlik ook ‘n heerlike sous om vis in te posjeer.

1 k afgekoelde groente aftreksel
1 k gewone ongegeurde yoghurt
½ k mayonnaise
½ k blatjang
4 e dill tippies
4 e knoffel
2 e suurlemoenskil
2 e suurlemoensap
2 e mielieblom
1 t sout
1 e grof gemaalde swart peper

Meng al die bestanddele saam. Hierdie marinade kan ongeveer 2.5 kg hoender bedek. Die resep kan met gemak verdubbel word. Giet dan oor hoenderstukke en vries dadelik.

Gaarmaak van hoender
Ontdooi hoender en plaas in oondvaste skottel met deksel. Bak by 180 vir 45 minute en bak sonder deksel vir 15 minute.

Gaarmaak van vis
Plaas ongeveer 200 mℓ sous in pan en verhit tot begin borrel. Voeg vis in pan en skep sous oor die vis. Posjeer vir 4 minute aan beide kante en bedien dadelik.

Aankope lys:
Dill tippies is te vinde van Cape Herb 'n Spice...Google...jy gaan sien jy loop elke keer by die produk verby sonder om te besef!

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 450 mℓ marinade vir 2.5 kg hoender.

Saterdag, 28 Januarie 2017

Italian meringue botterversiersel

Hierdie versiersel neem bietjie tyd en tegniek. Moenie kommer, sodra jy hierdie resep een keer deur gewerk het, sal dit kinder speletjies wees die tweede keer. Hierdie is die perfekte versiersel vir warm dae as jy koek moet maak wat vervoer moet word of selfs vir tuis en die koek nie in die yskas wil stoor nie. Hierdie versiersel smelt nie!

Kom ons begin. Onthou jy kan maklik brand, so indien jy nie 'n staanmenger het nie en met 'n handmenger klits, kry iemand wat kan help om die kastrol vas te hou. Belê in 'n suiker termometer sodat jy akkuraat kan werk. 

200 g (1 k) witsuiker
125 mℓ (½ k) water
5 medium eierwitte
50 g (¼ k) witsuiker - vir meringue
230 g (1 k) botter, klein blokkies van 2cm x 2cm
5 ml geurmiddel van keuse

Smelt die 200 g (1 k) witsuiker met water en kook tot 118 ˚C. MOENIE die mengsel roer nie, skud net die kastrol!

Sodra die stroop 110 ˚C bereik, begin die eierwitte klits tot sagte punt stadium en voeg die 50 g (¼ k) witsuiker by en klits verder tot styf.

Sodra die suiker stroop 115 ˚ C bereik, haal van hitte af en kontrolleer die temp om nie oor 118 ˚ C te gaan nie. Plaas die kastrol in koue kraanwater as dit 118 ˚ C bereik het om te verhoed dat die suikerstroop brand.

Voeg die stroop in ’n dun straaltjie by die meringue terwyl die menger aan is. Die menger se stelling moet op medium wees. Voeg laaste geursel en kleurmiddel by.

Klits die mengsel vir 20 minute totdat dit koeler as kamertemperatuur is. Voeg dan die botter klontjie vir klontjie by, die mengsel sal lyk of dit skif, hou net aan dit sal weer glad word.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 48 cupcakes en 2 groot koeke

Vrydag, 27 Januarie 2017

BKT Valentyn's Pastaklas met Lanzerac wyn en Eureka Mills!

Wat 'n voorreg om saam met Lanzerac wyne en Eurekamills hierdie Pasta klas vir Valentyndag aan te bied. Die klas is gemik op paartjies vir 'n spesiale dag. Steen gemaalde meel word ingespan om ouskoolse pasta te maak. Die projekte gaan varieer van: volkoring pasta met eier, eierloos, variasies van vars pasta wat paar kinkels in kry vir bros vingerhappies met heerlike souse. Eureka Mills gee ook aan elke student 'n pragtige geskenkpakkie om die dag mee te vier!

Plek: Van Gaalen Kaasmakerij, Hartbeespoortdam
Wanneer: Sondag 12 Februarie 2017
Tyd: 09h00-14h00
Koste per paartjie: R750
Sluit in: Lanzerac wyn, ligte ete met Van Gaalen kaas, verversings, geskenk pakkies, nota's en bestanddele.
Aanbieder: Annelien Pienaar
Besprekings: boerekostwist@gmail.com

Sondag, 22 Januarie 2017

Halva

Die eerste keer toe ek Halva eet kon ek nie mooi my brein om die smaak en tekstuur kry nie. Dit was iets wat ek nog nooit geëet het nie en tog absoluut verslawend. Dit het 'n fudge tekstuur met die smaak van sesame saad. Jy kan self die tahini maak deur sesam saad te rooster en dan self te maal. Ek het een met heuning en kaneel geproe en iewers het die smaak van sitrus sterk deurgekom.

Hierdie resep wat ek gee is ‘n basiese resep en jy kan regtig met die geure speel in die vorm van fyngemaalde speserye en geurmiddels. Jy kan die pasta wat jy maak in vorms druk, in 'n pan uitgooi en vormpies druk of net in blokkies sny. Lekker speel en geniet die reis.

400 g witsuiker
50 g glukose stroop
125 mℓ (½ k) water
2.5 mℓ (½ t) fyn kaneel
15 mℓ (1 e) fyn suurlemoenskil
1 ½ k tahini
5 ml vanielje geursel of 1 peul geskraap
2.5 mℓ (½ t) sout

Voer ’n bakplaat van ongeveer 20cm x 20cm uit met bakpapier en spuit goed.

Voeg die suiker, glukose stroop,  water en suurlemoenskil in kastrol en roer oor medium hitte en bly roer totdat die suiker opgelos het. Laat die mengsel kook sonder om te roer totdat dit 120 meet op ‘n suiker termometer.

Plaas die tahini, vanielje en sout in ‘n mengbak van ‘n staan klitser en klits om romerig te word op medium spoed en ho aan klits. Voeg die warm stroop in ‘n baie dun straaltjie by die bewegende lem en hou so aan totdat al die stroop in geklits is. Oppas, om te brand. Meng die mengsel vir ’n minuut totdat jy sien dit trek los van die kante van die mengbak. As jy te veel klits maak jy sandsuiker...sou hou die mengsel baie, baie mooi dop.

Skep die mengsel dadelik in die voorbereide pan en druk plat. Laat goed afkoel tot kamertemperatuur voordat jy dit sny.

Stoor in lugdigte houer.

Variasie:
1.      Vervang ½ k suiker met ½ k heuning.
2.      Voeg 1 k warm  nuete by voordat jy uitskep.
3.      Kardamom fyngemaal is heerlik saam met hierdie resep

Bron: Annelien Pienaar, 2017, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 40 blokkies 

Saterdag, 21 Januarie 2017

Picasso Sjokolade koek

Hierdie resep kom met die komplimente van Ancoise Venter, vaardige bakster, gasvrou, besigheidsvrou en kos vriendin. Hierdie resep van haar is perfek. Die koek is klam en amper soos ‘n Sjokolade Brownie basis, heerlik klam en toffierig. Die koek word afgerond met ‘n wit sjokolade mousse wat veerlig en baie maklik is om te maak. Daarna kry dit ‘n heerlike sjokolade sousie oor. Binne-in die mousse is stukkies fudge vasgevang wat ’n absolute bederf vir die gas is wat dit proe. Daar is soveel variasies vir hierdie koek. Speel met die mousse en doen dit in twee kleure deur die resep net te halveer. Verder kan jy ’n bietjie room likeur in die mousse inwerk vir ’n Twist. Dankie, Ancoise, soos altyd deel jy jou kennis sonder voorbehoud.

Koek basis
100 g Albany sjokolade, gekap om vinniger te smelt
45 mℓ (3 e) kookwater
4 jumbo eiers, geskei
100 g (½ k) witsuiker vir eierwitte (moenie bymekaar voeg, wag vir metode)
5 mℓ (1 t) kremetart
100 g (½ k) witsuiker vir gelê (moenie bymekaar voeg, wag vir metode)
100 g (1 k) cashew neute, grof gekap
30 mℓ (2 e) koekmeel
25 cm ronde klamp pan
25cm ronde silikoon of metaal jellievorm

Voorverhit oond na 180 en smeer ‘n 25 cm ronde klamp pan met Koekepanne smeer. (Sien blog vir resep)

Plaas gekapte sjokolade in bakkie en giet die kookwater oor. Roer totdat die sjokolade gesmelt is.

Klits die eiergele en aangeduide halwe koppie suiker tot baie lig en donsig vir ongeveer 5 minute. Was die klitsers deeglik met warm seepwater en spoel goed met warm water af. Klits die eierwitte, kremetart en halwe koppie suiker tot stywe punt stadium.

Vou die eiergele eers by die sjokolade in met ‘n ballon klitser, begin deur ‘n figuur 8 te doen en draai die bak sodat dit ‘n hele 360° gedoen het. Vou daarna die neute en koekmeel in. Laaste vou die eierwitte in en skep in voorbereide pan. Ja, daar is nie bakpoeier in die resep nie...

Bak vir 40 min en laat goed afkoel voordat die koek aanmekaargesit word anders gaan die mousse smelt.

Sjokolade fudge mousse
200 g wit sjokolade
90 mℓ (6 e) kook water
30 mℓ (2 e) fyn gelatien
1 liter (4 k) room
½ k fudge stukkies

Smelt sjokolade in mikrogolf vir minuut en roer tot glad.

Voeg gelatien by kookwater en roer tot gesmelt en helder, geen korreltjies.

Voeg gesmelte gelatien by gesmelte sjokolade en roer tot glad laat afkoel. Klits room tot effe dik en voeg dan sjokolade mengsel in dun straaltjie by terwyl geklits word met elektriese menger tot net net dik, oppas vir te veel dan krummel dit tot botter!!

Sny halwe koppie fudge in fyn blokkies en roer in. Giet in ringvorm wat goed gespuit is. Plaas in vrieskas vries tot hard, verwyder versigtig wanneer hard en plaas op sjokoladekoek basis

Versiersel
30 mℓ (2 e) wit suiker
30 mℓ (2 e) kookwater
30 mℓ (2 e) kakao
15 mℓ (1 e) botter
50 g Albany sjokolade

Voeg al die bestanddele saam en smelt saam vir 1 min in mikrogolf. Meng tot glad laat afkoel en giet  oor koek.

English version
Picasso Chocolate Cake
Chocolate Cake Base
100 g Albany chocolate, chopped to melt quicker
45 ml (3d) boiling water
4 jumbo eggs, seperated
100 g (½ cup) white sugar for egg whites (do not add all together, read the method)
5 ml be (1 t) Cream of Tartar
100 g (½ cup) white sugar for yolks (do not add all together, read the method)
100 g (1 cup) cashew nuts, coarsely chopped
30 ml be (2 tablespoons) flour
25 cm round springform pan
25cm round silicone or metal jellie mould

Preheat oven to 180°C and grease a 25cm round springform pan, with Cake Release. (See blog for recipe under Koekepanne smeer)

Place the chopped chocolate in bowl and pour the boiling water over. Stir until the chocolate has melted.

Whisk the egg yolks and half cup sugar, as indicated, until very light and fluffy for about 5 minutes.

Wash the beaters thoroughly with hot soapy water, and rinse well with warm water.

Whisk the egg whites, cream of tartar and the half a cup of sugar until stiff peaks form.
First fold the yolks only into the chocolate with a balloon whisk. Start by folding the mixture in a figure 8,  turning the bowl as you go, until it has done a 360° turn.
Fold in the nuts and cake flour. Lastly, fold in the egg whites. Pour the batter into the prepared pan. Yes, there is no baking powder in this recipe ...

Bake for 40 minutes and allow to cool thoroughly before the cake is assembled, otherwise the mousse melt.

Chocolate Fudge Mousse
200 g white chocolate
90 ml  (6d) boiling water
30 ml  (2 d) gelatine (granules)
1 litre (4 c) cream
½ c fudge cut into small cubes

Melt chocolate in microwave for minute and stir until smooth.

Add boiling water to the gelatine and stir until melted and clear, and has no lumps.

Add the melted gelatine to the melted chocolate and stir until smooth, allow to cool.

Whip the cream until slightly thick, then slowly pour the chocolate mixture in a steady stream while the mixer is whisking, just until it is thick. Beware of over whisking or you will have butter!!!

Stir the cubed fudge into the mousse. Pour the mousse into the jelly form. It must be well sprayed or greased.  Place into the freezer until it is hard.  Remove it gently from the form and place it onto the chocolate cake base.

 Topping
30 ml (2 d) white sugar
30 ml (2 d) boiling water
30 ml (2 d) cacao
15 ml (1 d) butter
50 g Albany chocolate


Add all the ingredients together and melt it for 1 minute in the microwave. Mix until smooth and cooled and then pour over cake.

Bron: Ancoise Venter, Belzali Lodge, 2017 vir BKT blog, foto: Ancoise Venter

Hoeveelheid: 12 porsies

Donderdag, 19 Januarie 2017

Tuistafel deur Errieda du Toit

So kom die dag in Desember 2016 en die lang verwagte boek van Errieda du Toit op my voorstoep afgelewer word! Maar tyd vir Tuistafel die resepte boek lees was daar nie gewees en so bêre ek die boek vir my af dag. Die af dag kom nie, die boek is nog netso geseël in die pakkie. Ek het myself die bederf van my lewe beloof en dit is om vir een hele dag lank net te sit...tee te drink, koek te eet en boek te lees. So kom Januarie en boek se kind het verdwyn...

Ek soek die hele huis deur maar min dring dit tot my deur ek moet dalk net begin vra of iemand nie die pakkie gesien het nie. My man glimlag skaam en vertel dat sussie die pakkie beet gekry het. Hy maan my om nie met sussie te raas nie, maar eerder te vra of sy nie dalk vir my haar nuwe “storie boek” wil kom wys nie. Kyk, ek frons toe woes! Hoe nou?

Slaaptyd kom en ek sit by sus in die kamer. Ek op die wiegstoel en wipneus onder die komberse. Ek vra haar na haar nuwe “storie boek” en sy spring kiertsregop en met groot ogies vra sy of ek kwaad is. Ek lag en verseker vir haar daar is nie moeilikheid nie. Sy haal so ewe die boek heel onder in haar kas uit die boeties se albaster bak uit. Let wel...die albasters was ook weg...nou is dit gevind! Sy bring die boek vir my en ek vra haar watter soort storie boek dink sy is dit. “Mammie, vir die kinders wat hou van kos...soos met Winnie the Pooh en Rabbit...mammie, kyk die wortels!” Ek wil huil so mooi en raak is haar beskrywing van Errieda se boek. So lees ons nog gereeld saans uit tannie Errieda se boek. Sy het na die pragtige sketse van Roelien Booysen gekyk en aangeneem dit is vir kinders...maar vir hierdie mamma is dit ook mooi...maar op ‘n inspirerende vlak.

Die sketse nooi jou uit om die een na die ander bladsy om te blaai en na nog ‘n juweeltjie te soek. Ons twee het tannie Errieda se Rysvlokkiekoekies gebak en genade ek moes die belustigheid intoom hou...dit is lekkerder as lekker.

Dankie, Errieda vir die pragtige boek met al sy mooi verhale. Die uitbeeld van kos waarmee jy grootgeword het en teer oomblikke met geliefdes. Tuistafel is reeds tuis in die Pienaar huis en sal vir jare nog uit hom kook. Die resepte is prakties, keurig en vol verassings met wonderlike kombinasies van geure. Voorwaar ‘n boek om in jou versameling te hê...

Ps: Ek is gek oor die voorblad!


Groete Annelien Pienaar!

Maandag, 16 Januarie 2017

Toor met Hoender deur Karen Hart

Toor met Hoender...die titel sê sommer als! Karen Hart is die redakteur van Kuier tydskrif en uit haar pen het vele resepte al gevloei. Ek dink die feit dat Karen haar resepte deel sonder voorbehoud en dit as nalatenskap beskou...maak haar ’n ongelooflike mens. Die volgende woorde haal ek aan van Karen sodat julle ‘n kykie in die siel van Toorkombuis kan kry: Iemand vra my waarom deel ek my resepte. Ek het nie kinders nie, dis my nalatenskap dié.”


Die resepte in hierdie boek bevat rand-rekker-idees en vir die huisgesin uiters prakties en ekonomies. Die gebruik van kruie en speserye het my opgeval en dit is keurig in elke dis ingewerk om die beste uit die hoender te kry. Ek is baie opgewonde oor al die kinkels en toor gedagtes wat in elke resep ingewerk is en voor waar ’n fees vir die tuis kok. Verder is daar vir die tuis kok aangedui hoe lank die disse neem om voor te berei en wat vir my as mamma en werkende vrou sommer baie struikelblokke uit die pad gaan skuif.

Hoender Kiep teen die koue is ‘n resep in Toor met Hoender wat dadelik my oog getref het en besef het dat hierdie dis paar wonderlike variasies kan kry. Daarvoor kan julle die boek aanskaf om te sien watter oulike wenke Karen bygesit het. Ek het my eie kinkel ingebring waar ek my dis in die Prut pot gemaak het. Binne 4 ure was die kos op die tafel. Die resepte het elkeen so 'n mooi beskrywende naam...ek het geval vir die vars gemmer in Hoender Kiep teen die koue!


Hoender Kiep teen die koue
2 e olyfolie
2 e botter
3 groot uie, gekap
250 g sampioene, in kwarte (Annelien se kinkel)
3 groot knoffeltoontjies, gekneus en gekap
1 rooi brandrissie, pitjies en naatjies verwyder
en fyngekap
3 cm vars gemmer, geskil en fyngekap
16 hoenderstukke
3 e sjerrie
3 t matige kerriepoeier (gaan loer op bl. 20 hoe
om jou eie te maak)
’n hand vol vars kerrieblare (opsioneel)
’n hand vol sultanas
13 gedroogde appelkose, gesnipper
7 dadels, ontpit en gesnipper
1 k hoenderaftreksel (sien bl. 22)
sout en varsgemaalde swartpeper
’n hand vol gekapte koljanderblare

Verhit die olie en botter in ’n swaarboompot en braai die ui tot sag en deurskynend. Voeg die knoffel, brandrissie en gemmer by en braai vir nog ’n paar minute.

Voeg die hoenderstukke in sarsies by en braai almal alkant goudbruin.

Gooi die sjerrie by en sprinkel die kerriepoeier en -blare oor. Roer goed en voeg die vrugte en hoenderaftreksel by. Maak dig toe en laat prut oor lae hitte vir ongeveer 40 minute tot die hoender begin sag word. Annelien se kinkel: plaas dan al die bestanddele behalwe koljander blare in die Prutpot en laat kook vir 3-4 ure. Roer dan koljander blare by en bedien.

Geur na smaak, strooi die koljanderblare oor en laat prut vir nog 20 minute. Die sous moenie afkook nie, anders sal die geure te sterk wees.

Skep die hoenderstukke met ’n gaatjieslepel op ’n opdienbord. Skep ’n klein bietjie sous oor die hoender en bedien die res apart.

Bron: Karen Hart, Toor met Hoender, 2017, Uitgewer: Human en Rosseau.
Porsies:8 persone

Sondag, 08 Januarie 2017

Klasse: Beginners Sourdough, Kaasmaak, Platbrode, Gevorderde Sourdough, Gesonde eetgewoontes, Preservering, Sagte lekkergoed,: Februarie en Maart 2017

Beginners Sourdough
Datums
20 Januarie 2017, Vrydag
11 Februarie 2017, Saterdag
11 Maart 2017, Saterdag

In die klas leer jy om 'n suurdeeg plantjie te begin en te onderhou vir enige gebak. Werk met twee tipes deeg: Hoë hidrasie deeg en lae hidrasie deeg. Franse Baugette, Epi, Fougasse en vele meer gebak asook Ciabata.

Bakkers persentasies en alle verwante terme asook internasionale standaarde in detail hanteer in klas. Gesondheids praatjie oor gluten en ander voedsel allergieë. Alle gebak gaan saam huis toe. Bring koelhouer vir die vervoer van suurdeeg plantjie met ysblok.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word tydens registrasie, suurdeeg plantjie. Die kursus het twee prys strukture: met of sonder Bakkers gerei wat insluit: Bakkers mandjie (banneton), bakkers lappie (couche), deeg skraper.

Fooie word per epos verskaf: boerekostwist@gmail.com

Plek: Bos en Berg gasteplaas, 10 km wes van die Hartbeespoortdam. Besoek ons webtuiste vir GPS: www.bosenbergguestfarm.co.za. 35 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Brits, Krugersdorp, Lanseria.

Tyd: 09h00 – 15h00

Studente wat die klas voltooi het kry ook toegang tot die Secret Sourdough with Annelien Pienaar op Faceboek toegang. Hierdie forum word gebruik om saam na nuwe tegnieke, probleme, vrae met antwoorde te kyk. Die sourdough forum groei goed en die doel daarvan om mense verder te ontwikkel.

Gevorderde Sourdough
4 Februarie 2017, Saterdag

Gevorderde bakkers tegnieke word in die klas gedoen. Ons fokus op vorming van deeg vir stensil werk, snitte, gemengde grane, probleme wat deur die jaar ervaar is...bydraes en groepbespreking. Net studente wat die Beginners Sourdough klas by my, Annelien Pienaar, gedoen het, mag hierdie klas bywoon. Hierdie klas word net 3 keer per jaar gedoen.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word tydens registrasie. Ligte ete en verversings.

Fooie word per epos verskaf: boerekostwist@gmail.com

Plek: Bos en Berg gasteplaas, 10 km wes van die Hartbeespoortdam. Besoek ons webtuiste vir GPS: www.bosenbergguestfarm.co.za. 35 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Brits, Krugersdorp, Lanseria.
                 
Tyd: 09h00 – 15h00

Platbrode

10 Februarie 2017, Vrydag
25 Maart 2017, Saterdag

Gedurende hierdie klas word daar Naan en Roti’s gemaak. Daar word met Chapati rolstokke gewerk en word in die Platbrode deeg  pakket ingesluit.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word tydens registrasie, ligte ete en verversings.

Fooie word per epos verskaf: boerekostwist@gmail.com

Plek: Bos en Berg gasteplaas, 10 km wes van die Hartbeespoortdam. Besoek ons webtuiste vir GPS: www.bosenbergguestfarm.co.za. 35 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Brits, Krugersdorp, Lanseria.

Tyd: 09h00 – 13h00

Verrykte Brood deeg
18 Februarie 2017, Saterdag
17 Maart 2017, Vrydag

In die klas word daar Bretzels of Bagels, English muffins, Brioche gemaak. Hierdie is spesialis deeg soorte en word ook met die beginsel van Sourdough hanteer. Dis is ’n voorvereiste om die beginners Sourdough klas te doen. Daar is nie tyd in die klas om aandag te gee aan studente wat nie ‘’n idee het van sourdough beginsels. Ek sal wel op versoek nadat jy ‘n vraelys ingevul het, na goeddunke jou toe te laat tot die klas.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word tydens registrasie, ligte ete en verversings.

Fooie word per epos verskaf: boerekostwist@gmail.com

Plek: Bos en Berg gasteplaas, 10 km wes van die Hartbeespoortdam. Besoek ons webtuiste vir GPS: www.bosenbergguestfarm.co.za. 35 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Brits, Krugersdorp, Lanseria.

Tyd: 09h00 – 15h00

 Sagte lekkergoed
24 Februarie 2017, Vrydag
18 Maart 2017, Saterdag

Gedurende die klas word daar met suikerstroop en eierwit gewerk. Daar word Meringues, Nougat, Macaroons gemaak. Studente word twee-twee in groepies ingedeel vanweë die gevaar van brand met suiker strope. Dus maak elke groepie een van die drie lekkers. Alle lekkers word huis toe geneem.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word tydens registrasie, ligte ete en verversings.

Fooie word per epos verskaf: boerekostwist@gmail.com

Plek: Bos en Berg gasteplaas, 10 km wes van die Hartbeespoortdam. Besoek ons webtuiste vir GPS: www.bosenbergguestfarm.co.za. 35 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Brits, Krugersdorp, Lanseria.

Tyd: 09h00 – 15h00
  
Kaasmakery
3 en 4 Maart 2017, Vrydag en Saterdag

Hierdie is 'n kursus wat oor twee dae gaan. In die kursus word jy eers die basiese beginsels van Sagte kaas geleer wat jou voorberei vir harde kaas. Hierdie klas is nie 'n demonstrasie klas nie. Jy kry jou potjie en roer self! Ons werk in groepies van twee-twee. Ek het 'n leemte in die mark gesien en groot aanvraag van die stokperdjie mark vir 'n gekombineerde klas. Die produkte wat gemaak word kan op klein skaal tuis gemaak word en enige persoon kan kaas maak...ja, selfs my 12 jarige seun maak al sy eie kaas!

In beide dae word daar ook aandag gegee aan die geur van kase met kruie, beroking word bespreek en asook die voor en nadele van "liquid smoke". Ekstra resepte word vir sagte kase soos Quark, Kefir, Paneer en Colby gegee om self tuis te toets.

Dag 1: 09h00 – 15h00
Yoghurt: Gestabiliseer soos in die winkel en gewoon.
Karringmelk
Maaskaas
Feta: Geur met kruie, set in pype, inkubeer
Colby (kom ooreen met Cheddar en Gouda prosesse)

Dag 2: 09h00 – 15h00
Feta, sny en brining
Colby: Ontvorming, brining
Haloumi
Mozzarella
Labneh

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word tydens registrasie, ligte ete en verversings.

Fooie word per epos verskaf: boerekostwist@gmail.com

Plek: Bos en Berg gasteplaas, 10 km wes van die Hartbeespoortdam. Besoek ons webtuiste vir GPS: www.bosenbergguestfarm.co.za. 35 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Brits, Krugersdorp, Lanseria.


Preservering
Datums
17 Februarie 2017, vrydag 

Jy leer hier om vrugte en groente op 'n veilige en higieniese manier te preserveer met 'n verskeidenheid metodes. Ons gebruik vrugte in seisoen en daar gaan twee produkte huistoe.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word tydens registrasie, ligte ete en verversings.

Fooie word per epos verskaf: boerekostwist@gmail.com

Plek: Bos en Berg gasteplaas, 10 km wes van die Hartbeespoortdam. Besoek ons webtuiste vir GPS: www.bosenbergguestfarm.co.za. 35 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Brits, Krugersdorp, Lanseria.

Tyd: 09h00 – 15h00

Gesonde Eetgewoontes
Datums
10 Maart 2017, vrydag

Gedurende hierdie klas ontvang jy 'n eetprogram vir 7 dae waar ek aandag gee aan vars kos, hormoonvry en preserveermiddel vry. My teikenmark is vir ouers wie se kinders op ADD en ADHD medikasie is. Dieet speel 'n ongelooflike rol in die kind se gedrag en dit is belangrik om die wisselwerking van dieet tov medikasie in balans te kry. Hierdie dieet is 'n lewens styl en moenie as 'n kits oplossing gesien word nie. Dit is ook nie om gewig te verloor nie (maar glo vir my, jy doen). 

Daar word 'n dag spyskaart berei en elkeen wat bywoon maak een item op die spyskaart en ons geniet dit in die groep na afloop van die klas. Onthou dat die woord dieet staan vir "die" soos in dood...die oomblik wat jy begin...sien dit as 'n leefstyl en hou daarby. My gedagte met die klas is om die hele gesin by die gesonde eetgewoontes te betrek. Ek moedig ook die ouers aan om die kinders deel te maak van die klas en om saam te luister. Die deelname in so 'n klas met 'n kind is uiters verrykend en so 'n kind geniet dit gewoonlik meer as die ouer. Ek het dit al baie in die klasse beleef. Maak dus 'n belegging vir jou gesin se gesondheid en jou oudag!

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word tydens registrasie, ligte ete en verversings.

Fooie word per epos verskaf: boerekostwist@gmail.com

Plek: Bos en Berg gasteplaas, 10 km wes van die Hartbeespoortdam. Besoek ons webtuiste vir GPS: www.bosenbergguestfarm.co.za. 35 km vanaf Pretoria, Johannesburg, Rustenburg, Brits, Krugersdorp, Lanseria.

Tyd: 09h00 – 15h00