Annelien - Wie en wat ek is ...

Annelien Pienaar
Ek is Annelien Pienaar ... en ek is gek oor kos maak.

Kwalifiseer in 1999 as ‘n Voedsel en kleding tegnoloog. 

Vanaf 2000 het ek as dosent gewerk tot en met 2009, waarna ek my eie besigheid begin het. 

Ek gee kook klasse vanaf my kos ateljee en gastehuis, in ‘n wye verskeidenheid voedsel onderwerpe. Bos en Berg guestfarm is waar al die opwinding van kosmaak plaasvind. 

As student was ek een wat altyd uit die boks gedink het en met alles wou eksperimenteer...wou die reëls altyd toets. 

Ek het my studente altyd gedruk om meer uit ‘n resep te haal as wat die metode aangedui het...en vandag in my kos ateljee bou ek voort aan die konsep ‘n resep met ‘n les!

Boerekos met 'n Twist is gestig omdat ek voel daar is deesdae baie resepte wat die rondte doen wat nie getoets is nie. My resepte wat op my blog gepost word is goed uitgewerk met 'n les in elkeen. Die nodige uitwysings vir moontlike probleme vir die resep word genotuleer om jou as bakker en bakster die soete smaak van sukses te gee. Dus, weet dat die resepte deur myself getoets en geskryf is. 

My wens vir jou is dat: Elke resep van BKT wat jy aanpak...altyd 'n reuse sukses sal wees...

Behalwe hierdie BLOG het ek 'n Facebook Groep... Boerekos met 'n Twist ...  sluit gerus aan as jy wil.


3 opmerkings:

  1. En ek is so dankbaar.... dat my pad met joune gekruis het......... jys een amazing mens Annelien......

    AntwoordVee uit
  2. Please send me information and details of the next sourdough workshop. I would appreciate if you could put my name on the list. I have tried the link but there seems to be a problem with it. I really do not want to miss it. Thanking you kindly, Annette Beck

    AntwoordVee uit
  3. Hi Annelien. ...geniet jou blog vreeslik. Net nie seker waar om in te teken vir resepte.

    Ek is opsoek na lekker vla skywe resep.
    As jy kan help sal ek waardeur.

    Ek sal fb dophou.

    Lekker bak
    Groete
    Wilma

    AntwoordVee uit