Dinsdag, 07 Maart 2017

Engelse Muffins-Die Groot Ontbyt #KykNet

Weereens 'n wenresep uit die kombuis van BoereKosTwist vir Die Groot Ontbyt op Kyknet Kanaal 144.

Hierdie resep is baie maklik en vinnig om te maak. Resep verdubbel ook maklik en klaar gebakte muffins kan gevries word. Sny voor bevriesing in die helfte en wanneer jy dit nodig het...skei die helftes en rooster.

150 g lou warm water
130 g joghurt
400 g EurekaMills Koek meel
5 g kitsgis
5 g heuning
5      5  g sout
50 g  steen gemaalde mieliemeel

Meng water en joghurt saam.

Sif alle droe bestanddele, behalwe mieliemeel saam.

Voeg vloeistof by meel en knie vir 5 minute. Laat deeg 30 minute rus.

Rol deeg 2 cm dik uit op mieliemeel bestrooide oppervlakte. Sny sirkels van ongeveer 5-7cm deursnit.

Plaas op bakplaat en laat weer 15 minute rus. Voorverhit ‘n swaarboom pan oor matige hitte. Plaas skywe deeg op droe pan en bak 5 minute elk aan beide kante.

Stoof met soliede plate of spiraal plate: stelling no 2-3.
Gas: Stelling 1

Idees vir vulsels:
1.      Spek en eier broodjie on the go.
2.      Ham en kaas geroosterde engelse muffin broodjie
3.      Hoender mayo geroosterde engelse muffin broodjie
4.      Soet varkvleis repies met mosterd sous en fyn gekapte blaarslaai.


Yield: 10-12 portions depending on the size of the cutter
Source: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za, 2016


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking