Vrydag, 24 Maart 2017

April tot Mei 2017 BKT klas skedules

Alle klasse begin stiptelik om 09h00 en eindig om 15h00.

Plek: Bos en Berg geustfarm (Hartbeespoortdam) vir kleiner groepies, Van Gaalen Kaasplaas (800m vanaf Bos en Berg geustfarm) vir groeter groepe. U sal ‘n week voor die klas aangebied word rakende die venue in kennis gestel word wanneer u nota’s gestuur word.

Voorwaardes: ‘n Formele registrasie dokument moet ingevul word en aan Annelien Pienaar Voedsel Konsultant gestuur word met u deposito bewys.

Eureka Mills is die amptelike borg van geskenk pakkies vir Suurdeeg-, Croissant en Danish pastry- en Floating klas.

Kostes en navrae: epos: boerekostwist@gmail.com

Vleis werkswinkel
Die klas fokus op drie soorte vleis: bees, skaap, vark. Gaarmaak metodes, taaiheid van vleis word bespreek en marinades, soute word gemaak. Wors word ook in die klas gemaak met gewone kombuis toerusting sodat die tegnieke vir almal toeganklik is, daarna braai ons hierdie heerlike wors. Dus word alle kwel kwessies in hierdie klas hanteer rakende vleis en hoe om die beste gereg uit elke snit vleis te kry. Biltong maak en droëwors word bespreek en resepte word vir hierdie geregte ook verskaf.

Saterdag: 8 April
Vrydag: 14 April
Saterdag: 6 Mei

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

Kostes en navrae: epos: boerekostwist@gmail.com

Sourdough brood werkswinkels
Saterdag: 1 April
Saterdag: 15 April
Saterdag: 13 Mei
Saterdag: 27 Mei
Saterdag: 3 Junie

In die klas leer jy om 'n suurdeeg plantjie te begin en te onderhou vir enige gebak. Werk met twee tipes deeg: Hoë hidrasie deeg en lae hidrasie deeg. Franse Baugette, Epi, Fougasse asook Ciabata.

Bakkers persentasies en alle verwante terme asook internasionale standaarde in detail hanteer in klas. Gesondheids praatjie oor gluten en ander voedsel allergieë. Alle gebak gaan saam huis toe. Bring koelhouer vir die vervoer van suurdeeg plantjie met ysblok.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf word, suurdeeg plantjie. Die kursus het twee prys strukture: met of sonder Bakkers gerei. Bakkers mandjie (banneton), bakkers lappie (couche), deeg skraper vorm deel van die volledige pakket

Studente wat die klas voltooi het kry ook toegang tot die Secret Sourdough with Annelien Pienaar op Faceboek. Hierdie forum word gebruik om saam na nuwe tegnieke, probleme, vrae met antwoorde te kyk. Die sourdough forum groei goed en die doel daarvan om mense verder te ontwikkel.


Croissant en Danish pastry
Vrydag: 7 April
Vrydag: 2 Junie

Tydens die klas maak jy jou eie gelamineerde deeg naamlik Croissant deeg. Daarna word die deeg verwerk in Danish pastry met ‘n vla basis. Verskeie vorms en bak tegnieke word hanteer. Omskakeling na Sourdough/Suurdeeg word ook behandel in die klas indien u reeds die Beginners sourdough/suurdeeg klas gedoen het.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat, ligte ete en verversings.

Kostes en navrae: epos: boerekostwist@gmail.com


Kaasmaak werkswinkel
Vrydag en Saterdag: 19-20 Mei

Hierdie is 'n kursus wat oor twee dae strek. Hierdie klas is nie 'n demonstrasie klas nie. Jy kry jou potjie en roer self! Ons werk in groepies van twee-twee. Ek het 'n leemte in die mark gesien en groot aanvraag van die stokperdjie mark vir 'n gekombineerde klas. Die produkte wat gemaak word kan op klein skaal tuis gemaak word en enige persoon kan kaas maak...ja, selfs my 12 jarige seun maak al sy eie kaas!

Ekstra resepte word vir sagte kase soos Quark, Kefir, Paneer om self tuis te toets.

Dag 1: 09h00 – 15h00
Yoghurt: Gestabiliseer soos in die winkel en gewoon.
Karringmelk
Feta: Geur met kruie, set in pype, inkubeer
Colby (kom ooreen met Cheddar en Gouda prosesse)

Dag 2: 09h00 – 15h00
Feta, sny en brining
Colby: Ontvorming, brining
Haloumi
Mozzarella
Labneh of Maaskaas (leer tegnieke vir dreinering)

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

Kaasmaak stelletjies kan direk vanaf die verskaffer bestel word. Dus, is dit nie in die klasfooi ingesluit nie.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

Kostes en navrae: epos: boerekostwist@gmail.com


Preservering
Vrydag: 5 Mei

Jy leer hier om vrugte en groente op 'n veilige en higieniese manier te preserveer met 'n verskeidenheid metodes. Ons gebruik vrugte in seisoen en daar gaan twee produkte huistoe. Daar word konfyt gemaak en dan ook blatjang. Ons bespreek ook piekels wat nie so arbeids intensief is.

Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

Kostes en navrae: epos: boerekostwist@gmail.com




Royal icing: Floating klas

Vrydag: 12 Mei

Daar word suikerkoekies gebak wat geskik is vir versiering en wat nie pap word nie. Daarna word jy geleer om verskillende diktes royal versiersel te maak vir ‘’n verskeidenheid spuit en vloei tegnieke.


Kursus sluit in: alle bestanddele, toerusting in klas wat gebruik word, resepte, volledige handleiding wat in e-formaat verskaf, ligte ete en verversings.

Kostes en navrae: epos: boerekostwist@gmail.com

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking