Sondag, 29 Januarie 2017

Outydse Groenmieliebrood

Hierdie resep het Henriëtte Janse van Vuuren vir ons gestuur. Ek het bietjie aan die metode verander want die oumense het die resep gestoom. Ek het eenvoudig net die panne baie goed met twee lae foelie toegedraai en so die broodjie gestoom. Die broodjie word met groen koppe mielies gemaak, waarvan die pitte afgesny is. Ek het jong mielies gebruik en was melkerig. Moenie ou harde mielies gebruik nie. Die broodjie is voorwaar ‘n groot bederf, sag, geurig en klam.

Ek het in my broodjie paar variasies gedoen en 5 e spriet uie ingesit. Speel met kruie!

3 k rou groenmielie pitte van kopaf gesny
45 mℓ (3 e) koekmeel
10 mℓ (2 t) bakpoeier
30 mℓ (2 e) botter of margarien
30 mℓ (2 e) bruinsuiker
3 mℓ (¾ t) sout

Voorverhit oond na 180 . Plaas ‘n oondpan in die oond wat as bain-marie gebruik gaan word. Hou ‘n pot met kokende water op die plaat om later die pan vol te maak as die pannetjies ingesit word.

Maal die mielies met ‘n vleismeul. Indien jy nie ‘n vleismeul het nie, kan die voedselverwerker ingespan word.

Meng al die bestanddele goed saam. In die ou dae het die mense die broodjie in blikkieskos blikkies gebak...maar deesdae het ons oulike panne vir die werk. Smeer die pannetjies goed en skep vulsel in. Maak die pannetjies met twee lae foelie toe en druk die kante baie stewig toe sodat dit stoom inhou.

Plaas die pannetjies in die oondpan en vul die pan sodat die pannetjies halfpad bedek is met kook water. Verlaag die oond se hitte na 160 en bak vir 1 ½ h tot 2 ure tot gaar.  

Bron: Henriëtte Janse van Vuuren, 2017.

Hoeveelheid: 1 broodjie van 19 cm x 10 cm pannetjie.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking