Sondag, 29 Januarie 2017

Dille en Suurlemoen gemarineerde Hoender

Tyd is teen ons almal wat werkend is en moet altyd sukkel om kos op die tafel te sit wat aan almal se smake voldoen. Ek is baie bevoorreg om hoender in grootmaat aan te koop. Meeste van die hoender word dan vooraf gegeur met souse, marinades en soute. My gunsteling is om heel hoender oop te vlek en dan met die marinade te vries. Verder marineer ek ook vooraf al die stukkies soos vlerkies, dye en boudjies. Hierdie marinade is natuurlik ook ‘n heerlike sous om vis in te posjeer.

1 k afgekoelde groente aftreksel
1 k gewone ongegeurde yoghurt
½ k mayonnaise
½ k blatjang
4 e dill tippies
4 e knoffel
2 e suurlemoenskil
2 e suurlemoensap
2 e mielieblom
1 t sout
1 e grof gemaalde swart peper

Meng al die bestanddele saam. Hierdie marinade kan ongeveer 2.5 kg hoender bedek. Die resep kan met gemak verdubbel word. Giet dan oor hoenderstukke en vries dadelik.

Gaarmaak van hoender
Ontdooi hoender en plaas in oondvaste skottel met deksel. Bak by 180 vir 45 minute en bak sonder deksel vir 15 minute.

Gaarmaak van vis
Plaas ongeveer 200 mℓ sous in pan en verhit tot begin borrel. Voeg vis in pan en skep sous oor die vis. Posjeer vir 4 minute aan beide kante en bedien dadelik.

Aankope lys:
Dill tippies is te vinde van Cape Herb 'n Spice...Google...jy gaan sien jy loop elke keer by die produk verby sonder om te besef!

Bron: Annelien Pienaar, 2016, www.bosenbergguestfarm.co.za

Hoeveelheid: 450 mℓ marinade vir 2.5 kg hoender.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking