Maandag, 08 Augustus 2016

Prutpot Brood / Slow cooker Bread

 Ek bak hierdie brood net as ek weet ek gaan nie tyd kry om dit op te pas nie. Dus maak ek die aand voor die tyd die deeg aan en rus dit in die yskas. Die deeg sal lekker uitgepof wees die volgende oggend. Haal uit en vorm die brood netjies sonder om die lug borrels uit te haal. Plaas dan in die gesmeerde hutspot wat met semolina uitgevoer is. Jy kan fyn mieliemeel ook gebruik om die gesmeerde pot mee uit te skud. Of gebruik wax papier om die pot mee uit te voer en help ook met die uitlig van die brood. Laat die broodjie dubbel sy volume rys en sit dan die Prutpot aan en bak vir 3-5 ure tot gaar. Ek gooi altyd ‘n handvol cheddar op met bietjie saadjies om die broodjie bruin te laat word. Onthou die brood is bleek van gelaat en kan bruiner gemaak word onder die gril van die oond. Jy kan selfs binne in 'n broodpannetjie in die hutspot bak!

Indien jy nie wil brood knie nie, kan jy reeds gemaakte deeg by die Deli van jou gunsteling kettingwinkel groep se bakkery kry. Dit sal ook perfek werk.

Resep
500g Witbrood meel of Koekmeel
5ml Kits gis
5ml Sout
5ml Suiker of heuning
20g Botter
300g Water

Metode:
1. Sif die koekmeel, sout en suiker saam. Voeg die gis by en meng eers goed deur. Doen jou voorbereiding vir die pot deur die smeer van binnekant en meel met mieliepap te doen.

2. Voeg die water en botter by en knie die deeg totdat dit glad en elasties is vir ongeveer 10 minute. Laat die deeg vir 30 minute rus en plaas in ‘n gesmeerde plastiek bak en sit in die yskas tot die volgende dag. Volgende dag: Maak die deeg op deur dit te vorm in die vorm van jou prutpot. Plaas in prut pot en laat weer dubbel die volume rys.

Indien jy nie oornag wil rys nie, kan jy die deeg vir 60minute laat rys. Maak die deeg op deur dit te vorm in die vorm van jou prutpot. Plaas in prut pot en laat weer dubbel die volume rys.

3. Skakel die prutpot op hoog en hou die deksel toe vir 2-3 ure afhangend van hoe bros jy die brood wil hê asook die grootte van jou pot bepaal die gaarmaak tyd. So hou dop en klop maar op die brood om te hoor of dit hol is of die brood trek los van die kante. MOENIE DIE DEKSEL OPLIG VOOR 60 MINUTE VERBY IS NIE!

English Version

Recipe
500 g White bread flour or cake flour
5 ml Instant yeast
5 ml Salt
5 ml Sugar or honey
20 g Butter
300 g Water

Method:
1. Sieve the flour, salt and sugar together. Add the yeast and mix well. Remember to do the prepreparation of the slow cookers pot with oiling and dusting as discussed above.

2. Add the water and butter and knee the dough until smooth and elastic, this will take ± 10 minutes. Let the dough rest for ± 30 minutes and put into a well oiled plastic container and into the fridge over night. The next day, shape the dough into the shape of the slowcooker’s pot. Let the dough rise double its volume.

If you dont want to do the cold fermentation, you let the dough after kneading rise for 60 minutes. Shape the dough into the shape of the slow cooker’s pot. Let the dough rise double its volume.

3. Bake the bread on high for 2-3 hours. DO NOT OPEN BEFORE AN HOUR HAS PASSED!!!

Source: Annelien Pienaar, 2016, www.boerekostwist@gmail.com

Amount: 1-2 breads

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking