Woensdag, 03 Augustus 2016

Macaroni en Kaas (Slowcooker)


Daar is wonderlike items vir jou spyskaart om te maak met die hutspot. En een daarvan is Mac ‘n Cheese soos die Amerikaners dit sal noem. Ek is skuldig en maak male sonder tal hierdie dis weens praktiese implikasies as die Filistyne lang ure na skool by buitemuurs betrokke is. Voordat ek ry in die middae pak ek die hutspot en as ons tuis kom is die kos letterlik op die tafel. Hoop julle vind hierdie dis nuttig en prakties soos die Pienaars doen.

Variasie: gaar maalvleis word onder in die prutpot geplaas en dan die res bo-op,

Resep
500ml (2k) Makaroni of pasta vormpies van jou keuse
4e Botter of Olyfolie
3 Eiers, geklits
125ml ( ½ k)Suur room of gewone yoghurt
2k Cheddar kaas, gerasper
75g (½k) Koekmeel 
500ml Water
Sout en Peper na smaak

Metode:
1. Kook die pasta in water vir 6 minute met ‘n bietjie olie. Spoel en dreineer. Ek doen dit so omdat dit verhoed dat die pasta aan die einde van die kook proses in die hutspot, nie een soliede massa vorm nie.

2. Plaas die pasta onder in die hutspot. Meng die botter, geurmiddels, meel deur die warm pasta. 

3. Meng die water, eiers en suurroom saam en giet oor die pasta. Sprinkel die kaas bo-oor en maak toe. Maak gaar op high vir 3 ure.


English Version

Recipe
500ml (cups) Macaroni
4 (tbsp) Butter or Olive oil
3 Eggs, beaten
125ml (½cup) Sour cream
2 cups Cheddar cheese, grated
75g (½ cup) Cakeflour
500ml Water
Salt and Pepper

Method:
1. Pre boil the pasta with some oil for 6 minutes. Drain and add to crockpot.

2. Mix butter, salt, pepper, cake flour into the pasta.

3. Mix the water, eggs, sour cream together. Pour over pasta. Sprinkle with cheese. 

4. Bake on high for 3 hours.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Kortpad disse klas: boerekostwist@gmail.com
Porsies: 6

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking