Dinsdag, 02 Augustus 2016

Lasagne pakkies

As jy bietjie meer kreatief wil wees met pasta dan is hierdie die resep vir jou. Ek leer jou om pasta te maak en daarna word dit gebak of gediepvet braai. Soveel keuses en soveel disse. Geniet die les.

Pasta deeg:
350g Witbroodmeel
3 heel eiers
1 eiergeel
45ml water
Pasta roller of Koekroller
Sirkel drukker van ongeveer 10cm deursnit

Metode:
1. Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en draai die lem totdat die deeg en bol vorm.

2. Haal deeg uit en knie vir 2 minute om gladde bal te vorm. 

3. Rus deeg vir 30 minute.

4. Rol van pasta deeg. Maak seker dat jy te alle tye genoeg meel beskikbaar het om die deeg mee droog te hou. As die deeg te nat is sal dit in die roller vas steek.

5. Rol deeg met pasta roller tot op stelling 2. Rol deeg met koekroller tot ongeveer 3mm dik.

6. Druk sirkeltjies van ongeveer 10cm deursnit. 

Vorming van Pasta bakkies
100g Gesmelte botter of olyf olie
Kwassie
Kolwyntjie pan

Metode:
1. Voor verhit oond na 200℃ en smeer die agterkante van die kolwyntjie pannetjies met botter of kleefwerende kossproei.

2. Smeer elke sirkeltjie aan beide kante met botter of olie.

3. Plaas elke sirkeltjie bo-op die omgekeerde kolwyntjiepan se agterkant.

4. Bak die sirkeltjies vir 10-15 minute tot goudbruin en bros.

5. Plaas op afkoel rakkies.

Alternatiewe gaarmaakmetode van Pastabakkies:
Met hierdie metode kan pasta ook in kleiner stukkie gesny en los gebraai word in vlakvet olie.
1. Voorverhit olie in ‘n diep kastrol.

2. Plaas een deegsirkeltjie tussen twee teesiffies. Hou die twee siffies stewig vas en druk in die warm olie.  Met olie sal die vars pasta op pof en deur die siffies op mekaar te hou en die deeg plat te druk. 

3. Braai tot goud bruin en dreineer. Laat eenkant om af te koel.

Lasagne vulsel
500g Maalvleis
45ml Olyfolie
1 Ui,medium
45ml Koekmeel
100ml Aftreksel
1 Wortel, gerasper
1 Seldery stingel, fyn gekap
2.5ml Gerookte paprika
Sout en Peper na smaak
250g Mozzarella

Metode
1. Braai ui in olyfolie tot gaar. Voeg koekmeel by die uie en roer goed deur. Voeg die aftreksel by en laat opkook om te verdik. 

2. Voeg maalvleis by en kook tot gaar. Met ‘n houtlepel maak die maalvleis fyn. 

3. Sodra maalvleis gaar is, voeg die groente by en kook ‘n verdere 5 minute. 

4. Voeg geurmiddels by. 

5. Skep dan lepels vol gaar maalvleis in die gaar pasta bakkies en sprinkel ‘n dik laag mozzarella oor en rond af met origanum.

6. Rooster die kaas tot gesmelt en bedien warm met ‘n Soetrissie of Rooi ui marmelade en ‘n groen tuinslaai.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Die Groot Ontbyt 2/8/16. Pasta klasse; boerekostwist@gmail.com

Porsies: 8

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking