Maandag, 15 Augustus 2016

Koeksisters met koue stroop


Happies sonskyn, liefde en eenvoud...alles in een. Ek dink as daar nou een mens is wat sou kon dig oor hierdie lekkerny sou dit my oorlede moeder gewees het. Sy het die mooiste en wydste Afrikaanse woordeskat gehad. Lief gewees vir ons Afrikaanse litteratuur en wel belese. Met haar fyn geaardheid het sy die kuns vervolmaak om die perfekte koeksister te bak. As ek dink aan die hoeveelheid koeksisters wat uit daardie kombuis verkoop is, dan sou jy seker ‘n paleis kon koop. Maar nee, daardie geld het ons kinders deur ‘n geleertheid gesit, die beste erfporsie wat enige ouer ‘n kind kan gee. 

Met my ma se nalatenskap van haar koeksisters het ek ook die weelde van herinneringe aan die bakproses. Ons het ‘n honderd dosyn koeksisters op ‘n slag gebak. Daarom het vadertjie vir moeder al die nodige toerusting vir die proses gemaak. Ma het stoompotte gehad waarin die strope gevries was. Pappa het ‘n ronde drukker gemaak van vlekvrye staal siwwe, met ‘n stewige handvatsel om die koeksisters af te druk in die koue stroop en te hou. Dan keer jy die koeksisters op die druprakkies uit en word dan dadelik verpak as dit droog gedrup is. My werk was die sny van die koeksisters met die wielietjie snyertjie en dan kom ouma Joyce en my sussies om die twist werk te doen. Ja, ons moes bene toeknyp dat dit klap. Want bekkige ouma Joyce het gereken hier is nie “rooilig vrouens” in die kombuis nie. Dus, elke oop been koeksister was R1 teen jou naam! Ons het hard gewerk en lekker gebak. Tye wat jy nooit sal vergeet en bande wat tot die dood toe gesmee is. Ouma Joyce is die huishulp wat moeder van die lande gekry het. 

Moeder het haar leer lees en skryf, ouma Joyce is baie slim en het gou-gou soos ma kos gemaak. Vandag is sy my lopende resepte boek en ek bel haar gou-gou as ek iets nie onthou. Ja, kosbaarder as korale is ouma Joyce vir ons dogters...’n ma en ‘n bondgenoot soos min.

Resep 
Stroop
900g Wit suiker
380g Water (ja, jy het reg gelees, water in gr en ml is dieselfde)
2ml Kremetart
1 Kaneel stokkie
1 Toontjie gemmer
5ml Karamel geursel

Deeg
480g Koekmeel
50g Botter of Bake Margarien
2 Eiers, geklits
125ml Melk
125ml Water
6t Bakpoeier
½ t Sout
1 liter Olie

Metode:
1. Begin om die stroop die dag voor die tyd te maak en hou in die yskas of beter nog, die vrieskas as dit somer is. 

2. Verhit suiker en water in diep kastrol oor medium hitte. Die stroop mag nie kook voordat al die suiker nie opgelos het nie. Was die kante van die kastrol met ‘n nat kwassie en water af. Of jy kan eenvoudig net die deksel opsit sodat die stoom die kante kan was! Sodra al die suiker gesmelt het, kan die hitte verhoog word en die res van die bestanddele bygevoeg word. Kook dan vir presies 5 minute. Moenie die stroop roer as dit kook nie. Onthou ook. As jy die resep vermeerder moet die tyd elke keer met 5 minute per inkriment verhoog vir die kook van die stroop. Dus as jy met 2 dubbel op die resep moet die stroop 10 minute kook...en as jy met drie maal...15 minute. Dit is die goue reël om die perfekte koeksister stroop te kry en jy sal nooit ‘n pap koeksister kry.

3. Maak van koeksister deeg: Sif al die droë bestanddele saam. Vryf die botter met jou vingerpunte in. 

4. Meng die melk, water en eier saam. Meng in die deeg en knie liggies vir 2 minute. Laat die deeg vir 60 minute rus.

5. Rol die deeg op ‘n olie besmeerde oppervlakte uit tot ‘n dikte van ongeveer 1cm. Sny dan repies soos jy sou verkies om koeksisters te vou, draai of vleg. Werk vinnig want die koeksisters moet nie te lank staan voordat dit gebraai word.

6. Voorverhit olie na 180℃ of toets die olie deur ‘n bolletjie deeg in te gooi. As die bolletjie dadelik opkom is die olie gereed. Soos jy die koeksisters optel, maak seker jy tel dit aan die toe geknypte kant op en knyp ekstra om die bene toe te hou. Braai die koeksisters bruin aan beide kante. Skep direk in koue stroop en druk die koeksisters tot onder in die stroop en hou ingedompel vir 2 minute.

7. Haal koeksisters uit en laat afdrup. 

8. Ou stroop kan opgevang word en weer verkoel word vir latere gebruik. Maar doen dit net een maal anders word die stroop met die olie galsterig. 

English version
Syrup
900g White Sugar
380g water (Yes! You read correctly, water in g and ml are the same!)
2ml Cream of Tartar
1 Cinnamon stick
1 x 2,5cm Stem of fresh Ginger
5ml caramel flavouring


Dough
480g Flour
50g Butter or Bake Margarine
2 Eggs, whisked
125ml Milk
125ml Water
6t Baking Powder
½ t Salt
1 litre Oil


Method:

1. The first step is to make the syrup the day before. This is most important, and to keep it in the fridge or even better, in the freezer if it is summer time.

2. Heat the sugar and water in a deep saucepan over medium heat. The syrup should not boil until all the sugar has dissolved. Wash the sugar crystals from the sides of the pan with a wet brush. Or, you could simply place the lid on the saucepan for a minute or two, so that the steam can wash the sides! Once all the sugar has dissolved, the heat can be increased and the remaining ingredients are added. Boil for exactly 5 minutes. Do not stir the syrup while it is boiling. Also remember, when you increase and multiply the recipe, the time increases each time by 5 minutes per increment, for the boiling of the syrup. So if you double (2 times) the recipe, you have to boil the syrup for 10 minutes... and if you're increasing by three times ... boil 15 minutes. This is the golden rule to get perfect koeksister syrup, and you will never have a soggy koeksister.

3. To make the koeksister dough.  Sift the dry ingredients together. Rub the butter in with your fingertips.

4. Whisk the milk, water and egg together. Add to the dough and knead gently for 2 minutes. Allow the dough to rest for 60 minutes.

5. Roll the dough out on a surface greased with oil, to a thickness of 1cm.  Cut into strips to your desire, to either twist or to braid. One must work quickly as the  koeksister should not stand too long before frying.

6. Preheat the oil to 180°C or test the oil by gently dropping a ball of dough into it.  If the ball rises to the surface immediately, then the oil is ready.  Pick the koeksister up from the end that has been pinched together. Give it an extra pinch to make sure the ends do not open while frying.  Fry the koeksister on both sides until golden.  When fried, then immediately dunk them into the ice cold syrup. Keep then completely submerged in the syrup for 2 minutes.

7. Remove the koeksisters from the syrup and place on a cooling rack to drip off the most syrup. The rack should be in a tray to catch the syrup.

8. This syrup can be reused only once after it has been refrigerated again, because the oil in the syrup will go rancid.


Quantity:  48 Small koeksisters
Bron: Annelien Pienaar, 2016, Deeg klasse: boerekostwist@gmail.com





Bron: Annelien Pienaar, 2016, Deeg klasse: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 48 Klein koeksistertjies.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking