Maandag, 01 Augustus 2016

Karamel Springmielies / Caramel Popcorn

Maak seker jy maak genoeg van hierdie lekkerny, want as die gesin dit eers geproe het, gaan jy nie voorbly nie. Dit is ‘n lekker projek vir die kinders om by betrokke te raak met die oog op entrepreneurs- en markdae by die skool. Wees gewaarsku dat die stroop kan brand en werk dus versigtig en stadig.

Resep
250g Springmielie Pitte
250g Botter
400g Sagte bruinsuiker (treacle sugar)
175g Goue stroop
3ml Bakpoeier
5ml Vanielje geursel

Metode:
1. Voorverhit oond na 150℃ en smeer ‘n bakplaat of voer met bakpapier of silpad uit.

2. Skiet die springmielies op jou manier soos wat normaal sou gedoen word. Hou eenkant, moenie sout gooi nie.

3. Smelt die botter, bruin suiker en goue stroop saam oor lae hitte en kook dan vir 5 minute vinnig. Verwyder van hitte en voeg die bakpoeier en vanilla geursel by. Klop goed deur.

4. Giet die mengsel oor die springmielies en skud die bak of roer met houtlepel sodat al die springmielies bedek is.

5. Gooi die springmielies uit op bakplaat en probeer om dit eweredig te versprei. Bak vir 30-40 minute tot goudbruin en gedurende daardie tyd probeer om die springmielies te skuif sodat dit nie aan mekaar vasklou nie.

6. Laat goed afkoel voordat die springmielies in lugdigte houer geseël word.

English Version

Recipe
250g Popcorn seeds
250g Butter
400g Treacle sugar
175g Golden syrup
3ml Baking powder
5ml Vanilla essence

Method:
1. Pop the popcorn as you should normally do and set aside. No salt.

2. Melt the butter, sugar and syrup in a saucepan and boil for 5 minutes until the sugar has dissolved.

3. Remove saucepan from heat and add the baking powder and vanilla essence and stir to combine properly. Pour the hot syrup over the popcorn and shake and stir to cover the corn evenly.

4. Spread the corn on a baking sheet and bake in the oven at 160℃ for 30-40 minutes until the caramel is golden.

5. Stir from time to time to keep the corn separated. Let the corn cool before storing in an airtight container.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Cofectionary classes: boerekostwist@gmail.com

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking