Dinsdag, 23 Augustus 2016

Eiervrug Pizza’s met ‘n Twits

Ek het nie groot geword met eiervrug nie, maar met die jare se verloop kom die eienaardige maar ongelooflike mooi vrug oor jou pad. My Indiese vriendin Naceema Patel het my geleer om eiervrug gaar te maak en te eet. Onlangs kry ek ‘n vegaan in die gastehuis en die res van die gaste bestel pizza, wel toe kry sy pizza met ‘n Twist!

2 eiervrugte, wiele van 2cm gesny
20 ml sout
500 g mozzarella kaas
250 g spinasie, gekook, fyn gekap
250 g tamatiesmoor
250g spek, fyn, gaar
100 ml broodkrummels, gedroog
sout en peper na smaak

Sny die eiervrug in 2cm skywe en sprinkel aan beide kante van die snye met die 20ml sout, jy kan meer gebruik indien verkies.  Laat dit staan vir 10 minute. Ons doen dit om die bitter sappe te onttrek. Spoel dan die vrug af onder lopende water en druk droog.

Plaas ‘n eetlepel tamatiesmoor op elke skyf, daarna gevolg met spek en laaste die spinasie. Sout en Peper die skywe.

Sprinkel ‘n eetlepel broodkrummels per skyf en laaste rond af met mozzarella kaas.

Bak by 190℃ vir 20 minute of tot goudbruin en heerlik bros. Bedien warm. Ouma Hantie se Knoffelroom sousie op die blog sal perfek met hierdie happie werk.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, gesonde kos klasse: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 6 porsies

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking