Dinsdag, 19 Julie 2016

Tartare sous / sauce

Wat is vis en skyfies sonder Tartare sous? Ek is dol oor hierdie sous en gebruik dit ook om op ham en kaas toebroodjies met fyn gerasperde wortel stukkies kool te bedien...Jip, die gebruike is legio! Die tegniek waar olie by eiergele geklits word is presies soos om mayonnaise te maak. Dus, haal maar die elektriese handklitser vir die werk uit, jou arm gaan moeg word. 

Resep
1 Eiergeel
15ml (1e) Wit wyn asyn
30ml (2e) Gladde Dijon mosterd
250ml (1k) Sonneblom olie, of enige ander geurlose olie
30ml (2e) Vars suurlemoensap
45ml (3e) Spriet uie, fyn gekap
30ml (2e) Kappertjie saad, fyn gekap
45ml (3e) Suur komkommertjies, pickle
45ml (3e) Dill tippies, droog

Metode:
1. Klits die eiergeel tot lig en voeg terwyl jy aanhou klits die olie in ‘n baie dun straaltjie by die eier. Die mengsel sal lig geel word, dit sal verdubbel in volume en glansend word. Dit sal ongeveer 10 minute neem. Voeg die asyn by en klits weer goed deur.

2. Meng die res van die bestanddele by en stoor in lugdigte houer vir 7 dae in die yskas.

English Version

Recipe
1 Egg yolk
15ml (1tbsp) White wine vinegar
30ml (2tbsp) Smooth Dijon mustard
250ml (1cup) Sunflower oil, or any other unflavoured oil
30ml (2tbsp) Fresh Lemon juice
45ml (3tbsp) Spring onions, finely chopped
30ml (2tbsp) Capers, chopped finely
45ml (3tbsp) Pickles, finely grated
45ml (3tbsp) Dill tips, dried

Method:
1. In a deep bowl like a soup bowl, add the egg yolk and beat for 2 minutes until light in colour. Start adding the oil in a thin stream to the egg yolk while constantly beating. The mixture will emulsify. It will take at least 10 minutes to achieve a nice pale yellow to cream white colour for a nice smooth and creamy mixture. 

2. Add the vinegar and beat again. Add all the ingredients to the emulsified mixture and mix to combine into an even paste. 

3. Keeps for 7 days in the refrigerator.

Source: Annelien Pienaar, 2016, email: boerekostwist@gmail.com
Amount: 250ml

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking