Donderdag, 07 Julie 2016

Swartwoud Kersiekoek / Blackforest cake

‘n Swartwoud kersiekoek is klam, geurig en donker van gesig. Die room moet net in die regte hoeveelhede wees om dit nie te ryk te maak nie. Indien jy vars kersies in die hande kan kry, sal jy nie vir ‘n oomblik spyt wees nie. In ons omgewing is daar ‘n maatskappy wat die geel kersies kweek en dit verleen soveel nuwe dimensie aan die koek as jy dit prentjie mooi wil laat voorkom. Die koek self is ‘n chiffonkoek basis, wat die koek die veerligte tekstuur gee wat mens nodig het. 

Koek resep
280g Koekmeel, gesif
400g Wit suiker
knippie sout
20ml Bakpoeier
1/4t Koeksoda
250ml Sonneblom olie
30g Kakao, gebruik die swart kakao
250ml Kookwater (kakao aanmaak)
5ml Kremetart
6 Eiers, geskei
10ml Kersie geursel
150ml Kirsch wasser (kersie likeur)
1 Blikkie ontpitte kersies (nie glans kersies nie), gedreineer
250g Vars kersies vir versiering
100g Donkersjokolade vir versiering

Room laag
250ml Room, vars
50ml Strooisuiker
5ml Vanielje geursel

Metode:
1. Sif die koekmeel, sout, bakpoeier, koeksoda saam.

2. Meng die kakao met die kookwater totdat dit ‘n gladde pasta vorm.

3. Klits die eiergele met die suiker totdat dit wit en romerig is vir ongeveer 5 minute. Voeg nou die olie by in ‘n dun straaltjie en hou aan klits soos die olie bygevoeg word. Die mengsel moet weer lig en romerig word.

4. Meng die kakao mengsel by en klits weer deeglik deur. Meng nou die meel by hierdie mengsel in asook die vanielje geursel.

5. Klits die eierwitte totdat dit net begin skuim en voeg die kremetart by en klits totdat die mengsel styf is maar nie droog nie. Onthou met alle gebak waar daar eierwitte styf geklits moet word om altyd kremetart by te voeg om die skuim stewig en stabiel te hou...

6. Vou die eierwitte by die kakao mengsel in. Skep in panne en bak by 170℃ vir 35 minute.

7. Laat die koeke eers in die panne afkoel voordat dit ontvorm word. 

8. Sny die koek in lae en sprinkel elke laag met kersie liquer of te wel Kirsch wasser. Jy kan die koek in twee of vier lae maak...

9. Klop room met geursel en suiker tot lig en romerig. Deel in die hoeveelheid lae wat jy het en sprei oop, pak die geblikte ontpitte kersies bo-op elke laag. Pak nou die lae op mekaar. Eindig met ‘n laag room en kersies. Rasper sjokolade oor vir ekstra versiering.

10. Maak hierdie koek ten minste 24 uur voor dit bedien moet word vir die geure om te ontwikkel. 


English Version

Cake Recipe
280g Cake flour
400g White sugar
Pinch of salt
20ml Baking powder
¼ t Bicarbonate of soda
250ml Sunflower oil
30g Cacao, very dark 
250ml Boiling water
5ml Creme of Tartar
6 Eggs, separated
10ml Cherry essence
150ml Kirsch wasser
1 Tin pitted Cherries, drained
250g Fresh cherries
100g Dark chocolate, grated

Cream layer
250ml Fresh cream
50ml Castor sugar
5ml Cherry essence

Method:
1. Pre heat oven to 180℃ and grease 2 baking tins of 25cm diameter.

2. Sift together cake flour, salt, baking poweder and bicarbonate of soda.  

3. Dissolve cacao into hot boiling water and mix into a smooth paste.

4. Beat egg yolks and sugar to turn into a soft yellowish pile of fluff. Add oil into a thin stream while beating all the time. The mixture will be fluffy again.

5. Stirr the cacao mixture into the egg mixture and combine well with a metal whisk. Add the flavouring.

6. Add the Creme of tartar to the egg whites and beat until stiff peaks forms. Fold the mixture into the cacao mix and scoop into tins.

7. Bake at 170℃ for 35 minutes. Let the cakes cool and remove from tin.

8. Cut the cakes in half and sprinkle with Kirsch wasser.

9. Beat the cream, castor sugar and flavouring until it is nice and thick. Spread on cake layers and ensamble with pitted cherries in between the layers. 

10. Decorate with fresh cherries, chocolate shavings and more cream.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Cooking classes: boerekostwist@gmail.com
Amount: 1 Large cake with 2-4 layers to your liking.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking