Woensdag, 27 Julie 2016

Soet Karamel Patat / Caramel Sweet potato

Soet Patat jou lekker ding...dit is wat my sus altyd gesê het as moeder hierdie lekker happie gemaak het. Daar is niks snaakse bestanddele, net drie om presies te wees. Maar die geheim kom in by die bereiding van die patat sodat dit nie verkleur nie. 

Eers skrop ek die patat met ‘n borseltjie tot skoon. Neem vitamiene C pilletjies en maak dit fyn. Ek vat so 2 op ‘n wasbakkie met water. Ek tap dan baie warm water in die wasbak, so half vol, maak seker dit is genoeg om die patat’s te bedek. Soos ek skil gooi ek die patat in die warm water. Sodra al die patats geskil is, sny in 2cm ringe en gooi terug in die water. 

Maak dan seker dat jy ook ‘n kastrol met kokende water gereed het vir die kook slag. Kom ons begin.

Resep
1kg Patat’s, geskil
500ml (2k) Water
200g (250ml/1k) Wit suiker
100g Botter of Bake margarien
1 Lemoen (opsioneel as jy nie van lemoen hou), sap uitgedruk, pitte verwyder

Metode:
1. Kook die patat vir 15 minute in die water by matige hitte. Voeg al die betanddele by en kook by ‘n lae temperatuur vir ongeveer 60 minute. Die vog gaan verdamp en die mengsel sal lekker taai en bruin word. Moenie roer tydens die proses nie. Aan die einde roer een keer sodat al die patats lekker bruin braai. Ek gebruik ‘n kastrol wat groot is sodat al die patats nie op mekaar lê nie, maar almal kan braai. Haal skil uit en bedien warm

English Version

Recipe
1kg Sweet potato, peeled
500ml (2cups) Water
200g (250ml/1cup) White sugar
100g Butter or Bake margarine
1 Orange, juiced and cut into rings, pips removed (optional if you don’t like orange)

Method:
1. Boil the sweet potatoes for 15 minutes in water at moderate heat. Add sugar, orange juice, orange peel and butter. Boil at very low heat for the moisture to evaporate and don’t stir while reducing. This will take atleast 60 minutes to achieve. Stir once and let the sweet potato fry in the butter until golden brown. Remove orange peels and serve hot.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Cooking courses: boerekostwist@gmail.com
Amount: Serves 6 people

1 opmerking:

  1. Wat doen die Vit C pilletjie aan die proses? Hugo

    AntwoordVee uit