Woensdag, 06 Julie 2016

Romerige Avokado slaaisous / Creamy Avocado Dressing

‘n Maklike en geurige slaaisous wat selfs ‘n kind aan mekaar kan slaan. Rak lewe is ongeveer 7 dae. Hierdie sousie is gepak met natuurlike goedheid soos omega’s, vitamiene en minerale wat in sy beste vorm voorkom naamlik, vars! Verder kan dit vir meer as net 'n slaaisous gebruik word, dit kan ook vir 'n doopsous gebruik word. Voeg dan net genoeg water by om die perfekte dikte te kry.

Resep
1 Avocado, groot, geskil
¼ k Koljander blare, vars of Basillie blare
1 Knoffel toontjie
15ml (1e) Suurlemoensap, vars
45ml (3e)Olyfolie
65ml-125ml (½ - ¼ k) Suurroom of Gewone yoghurt (afhangend hoe suur jy die sousie wil hê)
250ml (1k) Water
½ t Swart peper vars gemaal
Sout na smaak

Metode:
1. Meng al die bestanddele saam en versap totdat die mengsel glad is. 

2. Stoor in lugdigte houer in yskas vir 7 dae.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, Kook klasse: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 500ml ongeveer


English Version

Recipe
1 Avocado, large, peeled
1/4 cup Coriander leaves or Basil leaves
1 clove Garlic, crushed
1 tbsp Lime or lemon juice, fresh
1/4 tsp Black pepper, Ground
1/4 tsp Kosher salt
2-3 tbsp Olive oil
1/4 cup Sour-cream or Plain yoghurt
1cup Water

Method:
1. Add all ingredients into a food processor and blitz all ingredients until a smooth paste.

2. Store in an airtight container and will keep well for 7 days.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking