Maandag, 25 Julie 2016

Marokkaanse Lamskerrie / Maroccan Lamb curry

Vir hierdie dis gebruik ek of skaap of lamsvleis. Die gaarmaak metode is ‘n lank en sal sommer gou-gou skaapvleis wat dalk taaier mag wees sag maak. Ek geniet dit om ook droë vrugte in die mengsel in te sit. Gee net meer geur en kleur aan die dis. Ek gebruik tuisgemaakte Achaar Masala, waarvan julle die resep op die blog sal vind.

Kom ons kook!

Resep
30ml (2e) Olyfolie of gewoon
1kg Lam of skaap blad/ skenkel / nek
Sout en peper na smaak.
1 Ui, gekap
2 Soetrissies, ontpit en fyn gekap
5ml (1t) Borrie, gemaal
5ml (1t) Achaar Masala (http://boerekostwist.blogspot.co.za/2015/04/achaar-masala-les-indiese-kos-bestaan.html)
15ml (1e) Paprika, gerook
15ml (1e) Tamtie puree
250ml (1k) Pruimedante
250g Aartappels, geskil en in halwes
400g Tamaties, ontvel of geblik
500ml Aftreksel van keuse
400g Kekerertjies (chickpeas), geblik

Metode:
1. Sprinkel sout en peper oor vleis en braai in twee byvoegings tot mooi bruin oor hoë hitte. Braai dan die ui en soetrissie tot gaar in dieselfde pan. Voeg dan die borrie, masala, paprika by en kook vir 1 minuut om geure te ontsluit. Meng die tamatie puree by en kook vir ‘n munuut. Skep vleis terug in pan en meng voordat dit in skottel geskep word vir bak. 

2. Pak die res van die groente bo-op die vleis en maak dig toe. Bak dan by 170℃ vir 3 ure sonder om oop te maak. Jy kan hier ook direk na hutspot gaan. Maak dan vir 6-8 ure op hoog gaar.

3. Bedien met mielierys, stampmielies, gegeurde rys of cous-cous.

English Version

Recipe
30ml (2tbsp) Olive oil
1kg Lamb or mutton, shoulder or neck or shin
Salt ‘n Pepper to taste
1 Onion, chopped
2 Red peppers or green peppers, seeded and chopped
5ml (1tsp) Tumeric powder
5ml (1tsp) Achaar Masala (http://boerekostwist.blogspot.co.za/2015/04/achaar-masala-les-indiese-kos-bestaan.html)
15ml (1tbsp) Smoked paprika
15ml (1tbsp) Tomato puree
250ml (1cup) Prunes
250g Potato, peeled, halved
400g Tomatoes, blanched, peeled, or tinned
500ml (2cups) Stock of choice
400g Chickpeas, tinned

Method:
1. Heat oil in a saucepan over medium heat. Season diced lamb shoulder with salt and pepper. Working in 2 batches, cook lamb for 5 minutes or until browned. Remove from pan and set aside, then add onion and capsicums to pan. Cook, stirring, for 4 minutes or until softened. Add ground turmeric, masala, paprika and cook, stirring, for 1 minute or until fragrant. Add tomato paste and cook, stirring, for 1 minute. Return lamb to pan.

2. Add raisins, chopped tomatoes, chicken stock and chickpeas. Bring to a simmer, then cover and cook for 3 hours or until lamb is very tender at 170℃. Or Crockpot/slowcooker at high for 6-8 hours.

3. Serve with samp, mealie rice, flavoured rice or cous-cous.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Cooking classes: boerekostwist@gmail.com
Amount: 4-6 portions

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking