Vrydag, 22 Julie 2016

Madeira koek /cake

Waar kom resepte vandaan? Mense deel dit vir mekaar uit of vra dit van mekaar. In die ou dae was dit as ‘n kompliment gesien as die gaste na die tyd vir die resep vra. So word die tradisie van resepte voort gesit met mense soos Carolie de Koster. Carolie het menige kookboek die lig laat sien en een boek wat nooit, ooit uit druk sal gaan nie is haar Art of Cooking. Hierdie boeke is gedruk vir die doel van opleiding. Die boeke is vir enige vlak geskryf en spreek soveel aspekte aan as wat mens net aan kan dink. Hierdie resep van Carolie is so maklik en vinnig. Al die bestanddele word saam geklits en voila, bak die koek en daar gaan jy.

Wat maak ‘n Madeira koek so uniek? Dit is die tipe koek wat jy gebruik om met fondant versiersel oor te trek. Die koek se tekstuur is kompak, maar sag. Die koek kan gewig dra. Tradisioneel kry Madeira koek suurlemoensap en skil by vir daardie komplimentering van die bestanddele. Om die beste eind resultaat uit hierdie resep te kry, bak met botter. Bak margarien sal werk, maar die botter en suurlemoen gee net ‘n ongelooflike smaak aan die koek...jy sal die koek eet sonder versiersel, so lekker is dit. Die beslag is ook geskik om kolwyntjies mee te bak. Dus ‘n resep om maar in die argiewe te stoor as iets wat werk.

Wenk: Indien die botter of margarien nie sag genoeg is of jy het vergeet om dit betyds uit te haal. Rasper dit met die growwe kant van die rasper. Deesdae doen ek dit in elk geval om my menger te spaar.

Resep
140g Botter / Rama- / Stork bake, kamertemperatuur.
225g Koekmeel, gesif
140g Witsuiker
10ml Bakpoeier
2 Eiers, groot
125ml Melk
7.5ml Vanielje of 15ml Suurlemoensap en 15ml Suurlemoeskil gerasper
Knippie sout

Metode:
1. Voor verhit oond na 170℃ en smeer ‘n koekpan met botter en skud uit met meel. Indien jy nie gereeld bak en nie jou panne ken nie. Sit maar vir die wis en die onwis ‘n stukkie bakpaier in die bodem van die pan. Of gebruik die Koekepanne smeer op die blog.

2. Plaas al die bestanddele in ‘n menger of mengbak en klits die mengsel vir 10 minute totdat dit lig en romerig is. Stop twee keer en skraap die kante van die bak af sodat al die bestanddele goed deur meng.

3. Skep in gesmeerde pan. Maak die bokant van die koek glad en druk die middel effens platter as die kante. Carolie praat hier uit ervaring, dan sit jy nie met ‘n toringtjie wat rys nie.

4. Bak vir 40 minute by 170℃.

5. Laat in die pan effens afkoel voordat jy dit uitkeer om verder af te koel.

English Version

Recipe
140g Butter or Bake Margarine like Rama or Stork
225g Cakeflour sifted
140g White sugar
10ml Baking powder
2 Eggs
125ml Milk
7.5ml Vanilla essence or 15ml Lemon juice and 15ml Lemon zest
Pinch of Salt

Method:
1. Pre heat the oven to 170℃ and grease the baking tin. 

2. Place all ingredients into mixing bowl and beat for 10 minutes until light and fluffy. Stop with intervals and scrape the sides of the bowl down.

3. Scoop into tins and bake at 170℃ for 40 minutes.

4. Let the cake cool slightly before unmoulding.

Source: Carolie de Koster, 2016, Cake classes and decorating: boerekostwist@gmail.com
Amount: 1 cake or 12 cupcakes

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking