Vrydag, 15 Julie 2016

Koue Tamatiesop / Gazpacho

Ek het ‘n vreeslike voorliefde vir tamaties. Ek het altyd ‘n verdwaalde stoeltjie wat oral om die huis groei. Van Kersie- en Roma- tot Beesharte en Jam tamaties. As ek dink aan alles wat jy kan maak met ‘n tamatie is die lys eindeloos. Tamatie kan soet of sout berei word en daarom maak dit die vrug so veeldoelig. Hierdie sop kan grof of glad bedien word, dit kan dik of dun wees. Soms gebruik ek dit nie as 'n sop nie maar soos 'n salsa as doopsous vir soutborde.

Ek het hierdie resep in my moeder se handgeskrewe resepte ontdek en maak dit al vir jare. In die somer maande ‘n ongelooflike verfrissende sop om met dun skywe geroosterde franse brood skyfies te bedien. Ek het ook ontdek dat stukkies waatlemoen en fetakaas as garnering in die sop jou smaak kliere aan die dans het! Ja, jy sal dink dit is soos ‘n sirkus met al die bestanddele saam, maar ek belowe jou: Jy is in vir die grootste verassing van jou lewe!

Resep
125ml Rooi ui, sny eers in skyfies, plaas in koue water om sterk smake te onttrek vir ‘n uur, kap daarna fyn
1.5kg Rooi ryp Tamaties, blansjeer om skille te verwyder, sade en sap uitgedruk en eenkant, vleis opgekap
250ml Tamatiesap
250ml Komkommer, geskil, sade verwyder, vleis grof gekap
125ml Rooi soetrissie, sade verwyder, fyn gekap
2.5ml Knoffel, vars gedruk
125ml Extra Virgin olyf olie
50ml Suurlemoen sap
10ml Woestersous
10ml Balsamiese asyn
10ml Appel asyn
Knippie seldery sout
Knippie komyn, gemaal
5ml Seesout
Peper na smaak

Metode:
1. Skil en sny die uie grof op. Plaas in koue water verkieslik ‘n uur om sterk of ou uie se smaak te onttrek. Kap dan verder fyn.

2. Blansjeer: Kook water in ‘n 2 liter diep kastrol. Maak ‘n kruisie op die tamatie se boudjie  en dompel dit in die kokende water vir 30 sekondes. Plaas die tamaties in yskoue water sodat die kook proses gestop kan word. Trek die skilletjies van die tamties af. Onthou, ‘n rooi ryp tamatie skil baie makliker af as ‘n groenerige tamatie. Sny die tamatie in die helfte en skep die pitte en sap uit. Vang alle moontlike sap op. Dreineer die sap en pitte deur ‘n sif en gooi pitte weg. Hou die sap eenkant vir later. Sny nou die tamatie in growwe stukke.

3. Sny die komkommer in die helfte al langs die lengte en skep die pitte gedeelte uit en gooi weg. Skil indien verkies en rasper die komkommer om die mates te kry wat nodig is.

4. Sny soetrissie op en verwyder pitte en wit stringe. Kap op en meet hoeveelheid af.

5. Meng al die bestanddele saam en plaas in klein hoeveelhede in ‘n voedselverwerker en maak fyn soos dit jou pas. Ek hou van ‘n super fyn gazpacho. Verkoel die mengsel vir 2 ure voor bediening.

6. Bedien met waatlemoen blokkies, fetakaas en basillie blare.

7. Indien die sop te dik is, kan dit verdun word met ys water net voor bediening.
English Version

Recipe
125ml (½  cup) chopped red onion
1.5kg Ripe red Tomatoes, blanched
250ml Tomato juice, reserved from the deseeding 
250ml Cucumber, seeded, grated
125ml Red pepper
2.5ml Garlic freshly grounded
125ml Extra Virgin olive oil
50ml Lemon juice, freshly squeezed
10ml Worcestershire sauce
10ml Balsamic vinegar
10ml Cider vinegar
Pinch Celery salt (optional)
Pinch of Cumin, grinded
5ml Seasalt
Pepper to taste

Method:
1. Clean the onion, chop coarse and submerge in cold water to extract strong flavours. Especially if the onion is very strong or old. 

2. Fill a 2 litre pot halfway full of water, set over high heat and bring to a boil. Make an X with a paring knife on the bottom of the tomatoes. Drop the tomatoes into the boiling water for 30 seconds, remove and transfer to an ice bath and allow cooling until able to handle, approximately 1 minute. Remove and pat dry. Peel, core and seed the tomatoes. When seeding the tomatoes, place the seeds and pulp into a fine mesh strainer set over a bowl in order to catch the juice. Press as much of the juice through as possible to make up 250ml juice.

3. Cut cucumber in half, length ways and scoop out the seeds. Chop the flesh. It is your choice to peel or not to peel. 

4. Cut red pepper and remove seeds. Chop coarsely.

5. Add all ingredients together, and puree in small batches to the consistency of your choice. Chill for two hours before serving. Cut small strips of basil leaves and garnish with watermelon- and feta cubes. 

6. Before serving the soup may be diluted with cold water.


Source: Annelien Pienaar, 2016, Culinary classes: boerekostwist@gmail.com
Amount: 6-8 250ml servings but can be stretched to 12 servings depending on consistency

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking