Woensdag, 06 Julie 2016

Hoenderslaai met Avo-sousie / Chicken salad with Avo dressing

Ons het ‘n motto hier op die plaas: “We live from our land”. Ja, ons vleis, ons groente en sommige vrugte word hier geproduseer. As ek dink aan hierdie slaai dan verskil die groente bestanddele van tyd tot tyd soos die seisoene aanbeweeg. In die laat herfs en winter is dit vars ertjies wat pragtig pronk in die slaai, in die somer is dit weer pragtige bloedrooi granaat pitte. Al wat nie verander nie, is die slaaisousie en die hoendervleisies. 

Die aantal porsies word bepaal of die slaai vir 'n maaltyd of 'n voorgereg bedien word. Kom ons spring weg...

Resep
4 Hoender filette, repies gesny
125 ml (½ k) Karringmelk of Gewone yoghurt
45 ml (3 e) Heuning
45 ml (3 e) Botter
45 ml (3 e) Olyf olie
100 g (¼ k)  Neute van keuse
100 g (2 k) Micro greens
5 Blaarslaai blare
250 g Kersie tamaties, in kwarte gesny
250 g Feta kaas, blokkies gesny
½ Ui, medium grootte, fyn gekap

Metode:
1. Marineer die hoender repies in die yoghurt vir 1 uur lank of oornag.

2. Vee die borsies skoon. Voor verhit pan en voeg die botter en olyfolie in die pan. Braai die hoender repies bietjies vir bietjies bruin. Indien jy al die repies gaan in gooi gaan dit ‘n souserigheid maak en die repies gaan taai wees. 

3. Sout en peper die repies, laat effens afkoel

4. Pak die bestanddele van die slaaitjie uit soos jy daarvan hou. Pak die hoender respies op die slaaitjie en sprinkel jou gunsteling krui oor. Ek het in die foto dill tippies gebruik om ‘n botteragtige nasmaak te bewerk. Bedien met ‘n slaaisousie eenkant.


English Version

Recipe
4 Chicken fillets
125 ml Buttermilk of Plain yoghurt
45 ml Honey
45 ml Butter
45 ml Olive oil
100 g Nuts of choice
100 g Micro greens
5 Salad leaves
250 g Cherry tomatoes
250 g Feta Cheese, cubed
½ Ui, medium sized, finely chopped

Method:
1. Marinate chicken strips in yoghurt for an hour or overnight. Wipe the excess yoghurt before frying.

2. Pre heat a frying pan and add the butter and olive oil together. Fry small batches of chicken at a time. This will ensure a nice crisp strip. 

3. Season the cooked strips to taste. Leave to cool slightly.

4. Stack all your ingredients as desired and top with chicken strips. Serve salad dressing on the side.



Romerige Avokado slaaisous / Creamy Avocado Dressing

‘n Maklike en geurige slaaisous wat selfs ‘n kind aan mekaar kan slaan. Rak lewe is ongeveer 7 dae. Hierdie sousie is gepak met natuurlike goedheid soos omega’s, vitamiene en minerale wat in sy beste vorm voorkom naamlik, vars! 

Resep
1 Avocado, groot, geskil
¼ k Koljander blare, vars of Basillie blare
1 Knoffel toontjie
15 ml (1 e) Suurlemoensap, vars
45 ml (3 e)Olyfolie
65 ml - 125 ml (½ - ¼ k) Suurroom of Gewone yoghurt (afhangend hoe suur jy die sousie wil hê)
250 ml (1 k) Water
½ t Swart peper vars gemaal
Sout na smaak

Metode:
1. Meng al die bestanddele saam en versap totdat die mengsel glad is. 

2. Stoor in lugdigte houer in yskas vir 7 dae.

English Version

Recipe
1 Avocado, large, peeled
¼ cup Coriander leaves or Basil leaves
1 clove Garlic, crushed
1 tbsp Lime or lemon juice, fresh
¼ tsp Black pepper, Ground
¼ tsp Kosher salt
2 - 3 tbsp Olive oil
¼ cup Sour-cream or Plain yoghurt
1 cup Water

Method:
1. Add all ingredients into a food processor and blitz all ingredients until a smooth paste.

2. Store in an airtight container and will keep well for 7 days.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Cooking classes: boerekostwist@gmail.com

Amount: 4 - 6 portions

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking