Maandag, 04 Julie 2016

Groente en Gortsop / Vegetable- and Barley soup

Ek het hierdie sop die eerste keer by my vriendin Chrisni Coetzer geëet. Wat ‘n wonderlike sop. Sy het behoorlik my kinders aan die eet gehad met dit. Die vleis hoeveelheid is perfek, die smake balanseer heerlik met die tamatie se suur. Elke happie vir happie ‘n fees. Hierdie sop vries ook puik en een van daardie disse wat ‘n moet is vir enige huishouding waar dae soms dol gaan. Geniet..

Resep
250g Sop mengsel (lensies en gort)
500g Wortels, gerapser
500g Aartappel, gerasper
200g Seldery, fyn gekap
200g Uie, fyn gekap
300g Tamatie, gerasper, sonder skil
2 Bees skenkels
4 liter water, vul aan soos nodig
1 Groente aftreksel blokkie
2 Pakkies groente sop
50g Koekmeel
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Plaas al die groente, sop mengsel, aftreksel blokkie en skenkel met die water in ‘n kastrol. Hier kan jy ook die hutspot inspan. Kook in kastrol vir 3 ure tot sag. Hou die water vlak dop, indien dit daal, vul met kokende water aan.

2. Maak die sop poeier en koekmeel met ongeveer 300ml ekstra water aan. Voeg die mengsel by die kokende sop en laat goed deur kook vir 5 minute. Bedien warm met room of knoffelroom en vars brood en botter.

English Version

Recipe
250g Sop mix (lentils and barley)
500g Carrots, grated
500g Potato, grated
200g Celery, finely chopped
200g Onions, chopped
300g Tomatoes, grated, without skin
2 Beef shanks
4 litre Water, top up as needed
1 Vegetable stock cube
2 Packet Vegetable soup
50g Cake flour 
Salt and Pepper to taste

Method:
1. Add soup mix, vegetables, shanks and stock cube into pot and fill with water. Boil the mixture for 3 hours or alternatively use the Slow cooker. Fill the water up while cooking to prevent the water level to drop with hot water.

2. Mix the soup powder with 300ml water and cakeflour. Add to boiling soup and let it cook through for 5 minutes. Serve hot with cream, garlic cream and fresh bread and butter.

Source: Chrisni Coetzer, getoets deur Annelien Pienaar, 2016, email: boerekostwist@gmail.com
Amount: 5 litres of soup


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking