Dinsdag, 19 Julie 2016

Gemarineerde Tuna-roerbraai/ Marinated Tuna Stir fry

Ons was baie bevoorreg om vir ‘n rukkie in Kanada te kon woon. Daar het ek vir die eerste keer in my lewe by ‘n regte “Fishmonger” vars tuna steak gaan koop. Ek het toe lekker gekuier met die eienaar en hy het baie voorstelle vir die gaarmaak van die tuna gehad. Ek is eerlik, ek hou nie van my tuna half gaar nie, ek maak dit deur gaar met net so ‘n dun strepie pienk in die middel.

Nou gaan die kundiges my uitkryt...ja, die tuna sal droog wees as dit oorgaar is...maar het jy geweet: As jy  die tuna stukke eers in koue water vir 30 minute laat lê dit hidreer en tydens gaarmaak nie so droog gaan braai nie? Ja, ek het ook gedink die vis omie is van lootjie getik, maar ek het dit gedoen en wel, doen dit nou al vir “many moons” so. Die vis omie was ‘n “native”, indiaan maar lyk vir my meer soos ‘n Eskimo. Ek glo hierdie mense weet baie meer van natuurlike kosse as ons. So, het ek ongelooflike kennis opgedoen om met hierdie mense te kuier en oor hulle maniere van gaarmaak en visvang te leer. Kom ons kook...

Resep
1kg Tuna filette, in 3cm skywe gesny (enige vis sal werk vir die dis...)
Genoeg koue water om die filette te bedek
500 g Spaghetti, gekook
15ml (2e) Kookolie OF klapperolie OF druiwepitolie
15ml (1e) Knoffel - fyn gekap
5ml (1t) Vars gemmer - fyn gerasper
8 Wortels - in julienne repies
2 Soetrissies - baie dun gesny, -verskillende kleure lyk mooi
5ml (1t) Sout
50ml (4e) Sprietuie - fyn gekap
30ml (2e) Sesam saad

MARINADE
30ml (2e) Soya sous - anders sal woestersous ook reg wees
(1e) Olie van jou keuse
(2e) Heuning
(2e) Bruinsuiker
(2e) Suurlemoensap
sout en peper na smaak

METODE
1. Week die filette in koue water vir 30 minute. Dreineer die filette en meng al die bestanddele van die marinade saam en marineer die vleis daarin vir 1 uur of oornag.

2. Kook die pasta tot al dente, sag maar ferm as jy dit byt, in ligte gesoute water met bietjie olie by.

3. Verhit ‘n riffel pan tot rook warm. Braai die tuna aan beide kante tot gaar. Hou die kante van die tuna dop om die gaarheid te bepaal. Ek hou van ‘n dun rooi strepie. Ongeveer 3.5minute per kant. Draai net een keer. Verwyder die vleis en laat rus voor sny.

4. Roerbraai die groente en pasta saam in die riffel pan. 

5. Skep eers groente en pasta mengsel op voor verhitte bord en dan die tuna. Jy kan die steak heel bedien of in snitte.


English Version
Recipe
1kg Tuna steaks, sliced in 4cm slices or buy pre cut
Cold water to cover steaks for 30 minutes
500g Spaghetti cooked
15ml (1e) Sunflower oil or oil of choice
15ml(1e) Garlic, minced
5ml (1t) Fresh Ginger, grated
8 Carrots, julienne cut
2 Green or Red peppers
5ml Salt
50ml (4e) Chives, chopped
30ml (2tbsp) Sesam seeds

Marinade
30ml (2tbsp) Soy sauce
15ml (1tbsp) Oil
30ml (2tbsp) Honey
30ml (2tbsp) Brown sugar
30ml (2tbsp) Lemon juice
Salt ‘n pepper to taste

Method:
1. Submerge tuna steaks for 30 minutes in cold water to hydrate. After 30 minutes, pat dry, and prepare the marinade and spread on top of steaks. Let it sit for 60 minutes or overnight.

2. Cook pasta until aldente and set aside.

3. Pre heat griddle pan and fry tuna steaks until the sides show a small pinkish line. Let the tuna fry at least 3.5 minutes on each side before turning to seal meat properly. Set the tuna aside to settle.

4. In the same pan fry the rest of the ingredients together and serve on a pre  warmed plate with the tuna.

5. Serve with Tartare sauce. See files under Souse

Source: Annelien Pienaar, 2016, Cookery classes, email: boerekostwist@gmail.com
Amount: 6-8  portions

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking