Maandag, 04 Julie 2016

Eiervla / Egg custard

My moeder het die heerlikste eiervla denkbaar gemaak. Moeder het nie 'n keuse gehad as om twee brouseltjies aan te maak nie. Pappa het van dikvla gehou en ons kinders van dun vla wat ons soos soppies opgeskep het. Dit is ook die einste vla waarin Mariekoekies gedoop was as ons siekerig gevoel het. Heerlike trooskossie vir klein mensies. Vandag is dit 'n algemene item op ons spyskaart. Deesdae maak ek die vla in die mikrogolfoond. Dus volg jy die stappe soos aangedui maar net op hoog en vir 3 minute en doen die gaarheid toets.

Resep
2 Eiergele, kamertemperatuur
2t Mielieblom (Maizena)
30ml-50ml Wit suiker
250ml Melk (dik vla) of 500ml (dun vla)
20g (1e)Botter
½-1t Vanilla

Metode:
1. Plaas die melk in ‘n kastrolletjie en verhit die melk tot lou warm, maar nie kokend.  Neem ‘n draadklitser,  klits die eiergele, mielieblom en suiker saam. 

2. Voeg die melk by die eiermengsel en klits goed deur. Plaas die melk mengsel terug op die plaat en hou aan roer met die draadklitser totdat die mengsel kook. Sodra die mengsel vir 5 minute gekook het, verwyder van hitte en toets of dit gaar is. Plaas ‘n lepel in die mengsel en trek ‘n streep deur die agterkant van die lepel. As dit mooi dik lyk en ‘n walletjie vorm is dit gaar. 

3. Klop die botter en vanielje by. Bedien warm. Om ‘n velletjie wat bo-op vorm te voorkom, plaas ‘n stukkie gesmeerde kleefplastiek direk op die vla. 

English Version

Recipe
250ml Milk (thick sauce) 500ml (thin sauce)
2 Egg yolks, at room temperature
2 tbsp Cornstarch (Maizena)
30-50ml Sugar (depending on the thickness of the sauce)
20g Butter (1tbsp)

Method:
1. Preheat milk, but not boiling. With a whisk, whisk the egg yolks, cornstarch and sugar until dissolved. Add the luke warm milk to the egg mixture and whisk well.

2. Return the milk mixture to the stove and boil for 5 minutes while stirring with the whisk constantly.  Remove from heat. Test of the mixture are cooked by putting a spoon into the mixture and cover the back of the spoon. Draw a line through and if it forms nice firm walls it is cooked.

3. Serve hot. To prevent a skin from forming on top. Spray some oil or melted butter on top of cling wrap and press into the custard.

Source: Annelien Pienaar, 2016, culinary classes: boerekostwist@gmail.com

Amount: 250 - 500ml custard

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking