Woensdag, 27 Julie 2016

Eenskottel Hoender gebak

Ek geniet dit om hierdie gereg te maak omdat ek alles in die hutspot (slowcooker) of oondskottel kan pak en vergeet daarvan tot en met opdiening. Ons woon ver van die kerk en vir ‘n sondag middag as jy na kerk tuis kom, is die reuk van hierdie hoeder dis ongelooflik. Omdat ek probeer gesond en lae sout te leef het ek die resep so aangepas om weg te doen met pakkies sop poeier en alle daagste bestanddele gebruik om geur en smaak asook verdikking in te bring. Kom, laat ons kook!


Resep
1.5 kg of 10 Hoender dye
1 Ui, groot, fyn gekap
5 Aartappels, groot in wiggies gesny
15ml (1e) Knoffel, fyn
2 Seldery stingels, fyn gesny (opsioneel)
250ml (1k) Mayonnaise
250ml (1k) Room
125ml ( ½ k) Blatjang
250ml (1k) Water
60ml (4e) Mielieblom (Maizena), maak pasta aan met die water
60ml (4e) Tiemie, gedroog
10ml (2t) Sout
5ml (1t) Peper

Metode:
1. Sout en peper die hoender. Pak hoender en groente in oondvaste skottel of in hutspot.

2. Maak al die ander bestanddele saam aan en giet oor hoender.

3. Oond: 150℃ vir 4 ure of as jy haastig is  180℃ vir 2 ure. Slowcooker: 6-8 ure op high

English Version

Recipe
1.5kg or 10 Thighs
1 Onion, large, chopped
5 Potatoes, cut into wedges
15ml (1tbsp) Crushed Garlic
2 Celery sticks, thinly sliced (optional)
250ml (1cup) Mayonnaise
250ml (1cup) Cream
125ml ( ½ cup) Chutney
250ml Water (1cup)
60ml (4tbsp) Cornstarch (Maizena) made into a paste with some of the water
60ml (4tbsp) Thyme, dried
10ml (2tsp) Salt
5ml (1tsp) Pepper

Metode:
1. Season chicken pieces to taste with salt ‘n pepper. Arrange into oven dish or slow cooker with onions and potatoes.

2. Mix all the other ingredients together and pour over chicken.

3. Oven: 4 hours at 150℃ covered or 2 hours at 180℃. Slow cooker 6-8 hours on high.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Cooking classes: boerekostwist@gmail.com
Amount: 6-8 servings

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking