Dinsdag, 19 Julie 2016

Annelien se Lasagne

Wanneer jy as student Voedsel praktiese gehad het, was eending verseker..die ander studente het tou gestaan na die tyd om jou disse te verorber. Vir my was dit altyd die ergste om die mooi kos wat ons gemaak het te moes uitkrap in ‘n kosblik om huistoe te neem. In my vierde jaar trou ek met die man van my drome. So, het ek dit vreeslik geniet om my man met al die lekkernye van prakties te bekoor. Wel, platsak was ons definitief! Daarom moes ek na klas gewoonlik iewers ‘n los werkie loop doen om die bus kaartjie en ander goedjies te kon help betaal. 

Ek het gewerk by ‘n familielid van ons se tuisnywerheid in Brooklyn area in Pretoria. Tot vandag toe het Polfyntjie ‘n baie sagte plekkie in my hart. Daar was ‘n tannie wat die ongelooflikste lekker Lasagne gemaak het en wou ook nooit die resep deel nie. So het die dis van haar by my gespook. Tot op ‘n dag wat ons ‘n pasta klas gehad het en besef het waaroor ‘n lasagne nou eintlik gaan. Dit is nie net witsous, vleis en velle nie. Nee, dit is ‘n dis met komplekse geure en teksture wat saam gevoeg word om ‘n ongelooflike dis op te tower. Ek het deur die jare van getroud wees geskaaf en skuur aan die resep. Ons het jonk getrou en baie later met ‘n gesin begin en teen die tyd wat ek ‘n mamma geword het, die kuns van Lasagne maak vervolmaak!

Die resep maak gebruik van ‘n medium dikte witsous, lasagne velle en geurige maalvleis wat soms ‘n spekkie in kry, soms salami, soms kassler rib...wel wat ook al gerook in die yskas te vinde is. Groente maak ook ‘n groot deel van ‘n lasagne uit en tamatie en pasta is soos kettie en klip, soos vinkel en koljander, soos ‘n sout en peper potjie...al wat verskil is net die gaatjie!

Resep
Vleis vulsel
150g Strepies spek/Salami/Gerookte ham
1kg Maalvleis, maer
45ml Olyf olie
50g Botter
4 Wortels gerasper
1 Ui, fyn gekap
250g Sampioene, fyn gekap
2 Seldery stingels, fyn gesny
5ml Knoffel, fyn
50g Tamatie puree
100ml Blatjang
1t Gerookte paprika
1t Roosmaryn, gedroog
Sout en peper na smaak
2 k Cheddar

Metode:
1. Voor verhit oond na 180℃ en berei ‘n oondvaste skottel voor.
   
2. Braai die spekvleis en maalvleis saam tot gaar met bietjie olyfolie, vleis sappe uitgekook. Gebruik ‘n houtlepel om die maalvleis op te breek in fyn dele. Plaas eenkant.

3. Braai al die groente in botter tot sag en al die vog uit gekook. Voeg die geurmiddels soos tamatie puree, paprika, roosmaryn, sout en peper by. Roer goed deur en meng dan met die maalvleis. Hou eenkant terwyl die witsous gemaak word.

Witsous
90g Botter
60g Koekmeel
750ml Melk, lou warm gemaak in mikrogolf of op plaat
150g Kaas, gerasper
Sout na smaak

Metode:
1. Smelt botter oor medium hitte en voeg die koekmeel by. Met behulp van ‘n draadklitser, roer die mengsel goed deur. Voeg nou lou melk by en nou is dit die maak of breek...klonte kan so maklik vorm. Met die draadklitser in die een hand en styf vashou met die ander aan die kastrol, klits vinnig sodat die meel en melk met mekaar kan meng. Hou aan klits totdat die mengsel verdik het.

2. Sodra die mengsel verdik het, voeg die kaas en sout na smaak by.

Aanmekaar sit van Lasagne
1. Gooi ‘n dik laag witsous onder in bak. Plaas nou die lasagne velle op die bodem. Bedek die velle met ‘n laag maalvleis. Druk die maalvleis met ‘n eierspaan lekker plat. Gooi weer sous en plaas pasta velle daarop. Eindig met ‘n laag pasta velle en laaste witsous en sprinkel gerasperde kaas bo-oor. Onthou dit is nie nodig om die pasta velle vooraf in kook water te laat week nie. Die baktyd is genoeg vir die velle om sag te word.

2. Bak vir 45 minute by 180℃. 

Om te vries: Voltooi stap 1 en vries. Om te ontdooi. Plaas in koue oond, skakel oond aan en los vir 60 minute tot gaar.

Opsie twee vir vries: vries die gaar lasagne en ontdooi by kamertemperatuur en verhit vir 20 min in oond of mikrogolf.


English Version

Recipe
Meat filling
150g Streaky bacon/Salami/Smoked ham
1kg Topside mince
45ml Olive oil
50g Butter
4 Carrots, grated
1 Onion, diced
250g Mushrooms, chopped
2 Celery sticks, chopped
50g Tomato puree
100ml Chutney
1t Smoked paprika
5ml Garlic, minced
1t Rosemary, dried
Salt ‘n Pepper to taste
2 cups of Cheddar, grated

Method:
1. Preheat oven to 180℃ and grease an ovenproof dish.

2. Fry the bacon and mince together until cooked and dry. Set aside.

3. Fry the veggies until soft and all the moisture has vaporized. Mix the meat and the remainder of the ingredients together. Set aside.

Bechamel sauce:
90g Butter
60g Cake flour
750ml Luke warm milk
250g Cheddar, grated

Method:
1. Melt butter over moderate heat. Add the cake flour and by using a whisk, mix the two ingredients together and fry for 1 minute. 

2. Add the luke warm milk to the mixture and keep whisking until the mixture start to thicken. Boil the mixture for 5 minutes to thicken properly and add cheese. Season to taste.

Layering the Lasagne
1. Start with one layer of thick sauce in the base of the baking container, add the lasagne sheets and then the mince. Press the mince evenly with an egg lifter to ensure a nice flat even layer. Continue in this way until all the ingredients are finished. Sprinkle with extra cheese.

2. Bake for 45 minutes at 180℃.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Pasta making classes: boerekostwist@gmail.com
Portions: 8

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking