Maandag, 20 Junie 2016

Tuisgemaakte Kondensmelk / Homemade Condensed milk

Indien jy die kostes wil uitwerk vir die maak van hierdie produk kan ek jou verseker jy gaan ongeveer R15 gebruik om 750ml kondensmelk te maak. Dus spaar jy tog 'n paar rande, veral as jy baie uit bak...

Resep
1250g of ml Melk, volroom (ek weeg dit vir akkuraatheid)
2 ml Koeksoda (voorkom sandsuiker)
500 g Wit suiker
50g Botter, ja regte botter en niks anders nie
3 ml Sout

Metode:
1. Verhit al die bestanddele saam oor matige hitte en roer totdat al die suiker opgelos het. Die mengsel mag nie kook voordat die suiker nie opgelos is. Vee die kante van die kastrol met ‘n nat kwassie skoon om die suiker kristalle af te was. Of as jy soos ek lui is, sit die deksel op...maar wees gewaarsku, die mengsel kan oorkook...so staan vas agter die kastrol.

2. Probeer om ‘n kleef vrye kastrol te gebruik of ‘n kastrol wat jy weet nie sal aanbrand nie. Jy kan liggies roer, die bodem van die kastrol mag nie wys nie. Jy moet ongelukkig die mengsel oppas vir oorkook as ook aanbrand. Smeer jou kastrol se bodem met botter voor jy begin.

3. Kook die mengsel op stadige hitte totdat dit verdik het...ongeveer 60-120 minute se kook. Onthou, hoe kleiner die kastrol, hoe langer neem die kleiner oppervlakte om van vog ontslae te raak. Hoe groter die oppervlakte van die kastrol hoe vinniger.

4. Verpak die kondensmelk in warm gesteriliseerde houers vir 6 maande op die rak, wanneer oop gemaak is, stoor in die yskas of eet alles op!

Kook in die Mikrogolf oond: Plaas al die bestanddele in die mikrogolf oond en mikro dit vir 5minute, roer goed deur en draai vir 5 minute op hoog die heeltyd en roer. Hou so aan totdat die mengsel verdik het. Hier geld die rëel vir oppervlaktes ook. 

Wenk vir Caramel Treat:
Plaas die glas houers met deksels op, toe gedraai in Prutpot (slowcooker) en kook op high vir 12 ure of tot jy sien dit het karamel geword. 

English Version
Recipe
1250g or ml litres of Full fat Milk
2ml Bicarbonate of Soda
500g White Sugar
50g Butter, yes real butter
3ml Salt

Method:
1. Grease the base of the saucepan with oil or butter. Prevent scorching of ingredients

2. Place all ingredients in a sauce pan that will not burn your product. Heat very slowly until all the sugar has dissolved. Brush the sides of the pan with a wet brush to remove all sugar crystals. Or cover with lid to do the same. 

3. Boil the mixture without the lid on until the mixture is nice and thick. Remember, the smaller and narrower the pot you work with the longer it takes for the moisture to evaporate. Use a bigger pot to increase the surface for rapid evaporation. 

4. Store hot in warm sterilized jars on the self for 6 months. Once opened eat it all!

How to cook in the microwave oven:
Place all ingredients in a microwave safe glass bowl and cook for 5 minutes and stir. Once the sugar has dissolved keep on cooking until thick.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Cooking classes: boerekostwist@gmail.com
Amount: 750ml

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking