Vrydag, 03 Junie 2016

The Art of Cooking-Carolie de Koster

Hierdie wonderlike werk is in 1998 gepubliseer uit die pen van Carolie de Koster. Soos ek tevore al vertel het, het ons paaie nog lank voor hierdie boek gekruis! Carolie de Koster en haar man Adrie het so 4 jaar gelede verhuis na Nieu-Zeeland en moenie dink dat hierdie kos-ikoon gaan stil sit het nie. Sy het groepe mense wat van oral oor die aardbol na haar vlieg vir opleiding. My hart is seer dat ons iemand soos Carolie met so ‘n puik akedemiese en praktiese agtergrond aan die buiteland verloor het. Maar die hoop beskaam nie, sy het vir ons ‘n ietsie nagelaat...The Art of Cooking!

Ek dink as jy ooit in jou lewe die voorreg kan geniet om hierdie boek aan te koop moet jy dit doen. As jy dink die ou Kook en Geniet is puik...wel dan het ek vir julle nuus! Karolie se werk is van so ‘n aard dat die beginner en ook die gevorderde tuis en professionele kok uit hierdie boek kan kook. Die boek weeg ongeveer 3kg en het letterlik ‘n duisend plus resepte wat keurig en prakties opgestel is. Kullinêre instansies maak tot op hede nog gebruik van haar Art of Cooking met hul studente en verder is die boek ook al oor die hele aardbol versprei.
 
Carolie is ‘n dierbare vriendin vir my, wat ook baie raad gee rakende die beroep, skryf en toets van resepte. Sy ‘n gul en rojaal met haar kennis en draai nie doekies om nie. “What you see, is what you get”. Sy was onder andere ook ‘n gastehuis eienaar en deur betroubare bronne verneem ek dat die dag toe sy haar plek verkoop, die mense tou gestaan het vir haar goed opgeleide personeel!

Wat kan jy van The Art of Cooking verwag? Nommer een, die boek is in e-formaat beskikbaar en twee gedrukte formaat. Dit bevat alle noembare kategorië van die Suid Afrikaanse kookkuns, resepte, tegnieke, gaarmaak metodes, lae kalorie disse en vele meer. Verder dink ek die boek het ook baie meer agtergrond kennis ingewerk in die teks, daarom dat dit so ‘n geskikte onderrig medium geword het! 

Indien jy iemand wil sëen met hierdie geskenk, kan ek jou verseker...dit is die beste belegging wat jy maak vir daardie persoon se toekoms! Dus, jongmense, oumense, vroumense, mansmense en kinders...die tyd om te leer en te begin kook...was gister gewees!

Navrae en bestellings kan gerig word aan myself en ek sal dit direk deur stuur na Carolie...die boeke word in Suid Afrika gedruk en binnelands versprei...vir die oorsese BKT lede...julle moet my net kontak...julle kan ook die boek sonder sukkel bestel. Ons kan dus die boeke teen goedkoper direk van haar bestel..dit is hoekom die kanaal so werk.

Volg Carolie ook op Carolie's Culinaire by FB en ook die volgende skakel na haar web tuiste: https://www.facebook.com/carolie.dekoster vir Kursusse en boeke



Groete
Annelien Pienaar

boerekostwist@gmail.com

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking