Dinsdag, 28 Junie 2016

Smeerkors / Easy pastry

Ek dink dat menige van ons wel al gevoel het jy wil skree as jy haastig is, omdat jy 'n gerolde tertkors moet maak. Wel, hier het ek vir julle 'n vinnige antwoord op die probleem. Die kors deeg is 'n slap deeg wat dan egalig in 'n tertbak gesmeer word. Die deeg word dan halfpad gaar bemaak en dan die vulsel ingesit. Daar is wel resepte wat die vulsel sommer direk inskep en dan bak. Lees die resep en pas dan jou gaarmaak metode dienooreenkomstig aan. Vir my besige lewensstyl bak ek sommer so 40 korse op n keer en vries dan in lugdigte houers en gebruik soos nodig. Wat die resep so wonderlik maak is die feit dat die suiker uitgelaat kan word om 'n soutkors te maak. Dus, een resep met vele gesiggies! Verder ‘n wonderlike wenk wat ek met julle kan deel: Hoe om te keer dat basisse van terte nie pap word, dit geld ook vir pasteie. Nadat die doppe gebak is, smeer dit met eierwitte. Plaas terug in oond vir 5 minute in die afgeskakelde oond. Die eierwitte moet droog word. Nou is die doppe waterdig gemaak.

Resep
115g Botter (kamertemperatuur, anders, rasper)
100g Suiker
1 Eier (66g=Jumbo)
210g Koekmeel
10ml Bakpoeier
2.5ml Sout

Metode:
1. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Voeg die eier by en klits totdat die mengsel weer lig en donsig is.

2. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Klits die meel by die eiermengsel in.

3. Smeer 4 x 25cm tertbakke met die mengsel. Plaas in vrieskas vir 5 minute om te set as die mengsel bietjie loperig is, smeer dan beter. Prik die basisse en bak by 180℃ vir 6-9 minute of totdat die korse mooi uitgepof en bruin om die randte is.

4. Laat die korse goed afkoel voordat vulsels ingeskep word.

Idees vir vulsels wat op die blog beskikbaar is:
Ouma Hantie se Melktert
Kaaps gebakte melktert
Grieks gebakte Kaaskoek
Spinasie en Feta Quiche
en nog vele meer

English Version

Recipe
115g Butter (roomtemperature, or grate)
100g Sugar
1 Egg (66g=Jumbo)
210g Cakeflour
10ml Bakingpowder
2.5ml Salt

Method:
1. Cream the butter and sugar together. Add the egg and beat until fluffy again.

2. Sift cake flour, baking powder and salt together. Add to the butter mixture and beat until smooth. Divide into 4 portions into baking tins of 25cm in diameter. Spread the pastry evenly and set in refridgetor if the mixture is too runny. Remove, spread and make holes in the base of the pastry with a fork.

3. Bake at 180℃ for 6-9 minutes or until golden brown. After baking make the pastry waterproof by painting the base with egg whites and drying it in the oven for 5 minutes. Oven should be switched of. 

4. Let the pastry cool completely before filling.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Pastry classes: boerekostwist@gmail.com
Amount: 4 x 25cm pastry shells.




 

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking