Maandag, 20 Junie 2016

Sherbit Meringues

Wat kan ek oor hierdie heerlike, speelse reseppie sê behalwe, wow! Ek weet nie hoekom ek die resep nooit by my moeder gekry het nie. Sy het die skuimpies uit haar kop vir ons gemaak en nêrens ‘n geskriffie met die resep...oral gesoek. Ek het as kind self dit baie gemaak omdat dit so maklik is en jy nie kan seer kry nie, markdag of koekverkoping by die skool, was hierdie skuimpies vinnig uitverkoop. So kom die dag wat ek sit en werk aan ‘n bak projek vir ‘n kompetisie en voila...hier kom my dierbare vriendin met haar Sherbit resep. Ek dog ek huil my dood van blydskap. Elna du Preez, is in Rustenburg en omgewing bekend vir haar heerlike gebak en hierdie resep is een van haar meesterstukke. My kinders kan nie genoeg kry van die heerlike smelt in die mond sherbit skuimpies nie.



Resep 
4 Groot eiers, by kamertemperatuur
160g Strooisuiker
5ml Mielieblom
1 pakkie Moirs jellie, engie geur! 
Few drops of Moir’s food colouring

Metode:
1. Meng die strooisuiker, mielieblom en die jellie poeier (onaangemaak) saam en met ‘n draad klitser meng deeglik deur.

2. Klits die eierwitte tot stywe punt stadium. Gebruik net ‘n glasbak of ‘n metaalbak, nie plastiek nie. Die eierwitte gaan nie styf word nie. Klits dan letterlik een eetlepel suiker per minuut by en hou aan klits tot al die suiker ingewerk is.

3. Spuit op ‘n gesmeerde bakplaat wat met mielieblom gesprinkel is vormpies.

4. Bak by 150℃ vir 30 minute of tot droog. Jy kan kies hoe jy van die binnekant hou...as jy hou van taai en klewerig is 30 minute genoeg. As jy hou van droog dan droog jy langer en teen 10℃ laer.


English Version
Three generations of Moir's in my pantry!

Recipe
4 Large Eggs, room temperature
160g Castor sugar
5ml Cornstarch (Maizena)
1 Packet Moir’s Jelly, any flavour of your choice
Few drops of Moir’s food colouring

Method:
1. Sift together the castor sugar, cornstarch and jelly.

2. Beat the egg whites until soft but stiff peaks start to form. Add a tablespoon of sugar at a time and beating one minute before adding another spoon. Continue until done. Test the meringue not to feel any sugar. 

3. Pipe the meringue onto a dusted baking sheet.

4. Bake at 150℃ for 25-30 minutes to have a nice soft centre or longer to have a dry meringue. But take care to drop the temperature by 10℃.

Source: Elna du Preez. Tested and Standarized by Annelien Pienaar from Bos en Berg cookery school. 2016. Culinary classes: boerekostwist@gmail.com
Amount: 50 small 5cm sized meringues.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking