Woensdag, 15 Junie 2016

Mikrogolf Sticky Toffee poeding / Microwave Sticky Toffee pudding

So vinnig soos blits! Dit is al wat ek kan sê!

Resep
Koek
115g Botter (moet sag wees by kamertemperatuur)
100g Sagte Bruinsuiker 
2 Eiers, groot
140g Koekmeel
10ml Bakpoeier
Knippie sout
½ k Dadels gekap

Sous
250ml Room
100g Sagte Bruinsuiker
60g Botter
Knippie sout

Metode:
1. Sous: Plaas al die sous bestanddele in ‘n kastrolletjie en smelt oor lae hitte. As jy te warm gaan werk sal die room skif...so wees versigtig. Kook op medium hitte vir 15 minute.

2. Koek: Smeer ‘n mikrogolf veilige bak met botter of ons “Koekepanne smeer” op die blog. Room die botter en suiker in ‘n bak tot baie lig en romerig. Ongeveer 5 minute. Klits dan die eiers een vir een by en maak seker met elke byvoeging dat die mengsel eers weer romerig moet word voor die volgende eier bygevoeg kan word.

3. Sif die koekmeel, sout, bakpoeier saam.  Voeg die res van die bestanddele by en meng  by die botter mengsel in. 

4. Skep in bak en maak met kleefplastiek toe. Mikrogolf op hoog tussen 5-8 minute afhangend van jou mikrogolf tipe. Haal die bak uit die mikrogolf en moenie die plastiek verwyder nie, laat dit vir 5 minute staan. Keer om op tert bord en giet die sous oor. Jy kan ekstra sous maak wat in ‘n bekertjie apart bedien kan word.


English Version

Recipe
Cake
115g Butter
100g Treacle sugar
2 Eggs, large
140g Cakeflour
10ml Baking powder
Pinch of Salt
½ k Dates

Sauce
250ml Cream
100g Treacle sugar
60g Butter
Pinch of Salt

Method:
1. Sauce: Put all the ingredients into a saucepan and simmer until the sugar has dissolved and stir constantly. Boil for another 15 minutes at a moderate pace. 

2. Cake: Grease a microwave safe bowl with butter.

3. Cream the butter and sugar together until light and fluffy. This will take 5 minutes to achieve. Add the eggs one by one. After each addition ensure that the mixture is fluffy again before adding the other egg. 

4. Sift the dry ingredients together. Add the dates to the flour and fold into creamed mixture. Mix properly and put into the greased microwave bowl.

5. Cover the bowl with cling film and microwave at high between 5-8 minutes. Remove covered bowl and keep it covered for 5 minutes. Unmould onto serving dish and pour sauce over. I usually make extra sauce to serve seperately for the sweet tooth!

Source: Annelien Pienaar, 2016, email: boerekostwist@gmail.com
Serves: 4

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking