Donderdag, 16 Junie 2016

Mikrogolf Fudge / Microwave Fudge

Mens kom baie resepte tee wat net te wonderlik is vir woorde en dan...sit jy met iets wat nie wil styf word nie, of erger nog een homp kristalle. Hierdie resep kry my goedkeuring. Die tekstuur is super fyn en glad met die nodige romerigheid daarby. Onthou net dat jy net met ‘n deursigtige glasbak geskik vir mikrogolf werk hierdie projek kan maak. Plastiek gaan smelt en stel ook skadelike stowwe vry indien dit verhit word. Gebruik ook ‘n houtlepel vir die roer werk. Die roer is baie belangrik sodat al die suiker kristalle perfek oplos. Die rede vir die gebruik van die strooisuiker is eenvoudig dat jy vinniger by jou eind resultaat wil uitkom sonder te veel roer. Verder, indien jou mikrogolfoond dalk 'n kol het wat brand kan gewone suiker brand en dit is 'n nare smaak en jy moet weg gooi! Geniet.

Resep
420g Strooisuiker
125g Botter (Bake Margarien is reg)
1 Blik Kondensmelk (385g)
5ml Vanielje geursel of geursel van keuse
100g Neute, sjokolade splinters soos Barone ens of 50g Milo, koffie poeier ens. (Opsioneel)

Metode:
1. Voeg strooisuiker, margarien en kondensmelk saam in ‘n mikrogolf veilige bak.

2. Mikrogolf die mengsel op hoog vir presies 3 minute. Roer die mengsel baie goed en deeglik deur sodat dit romerig word.

3. Mikrogolf vir ‘n verdere 7 ½ minute op hoog. Haal weer uit en klop  baie goed. Toets bietjie van die mengsel op ‘n koue piering om die set te toets. 

4. Nou kan jy besluit of jy ekstra goedjies wil byvoeg of net die tradisionele fudge wil maak.

5. Giet in vooraf gesmeerde bakplaat of glas bak van ongeveer 18x25cm.

6. Sny in blokkies net voor die mengsel te koud word, maar nog lou.

English Version

Recipe 
420g Castor sugar
125g Butter (Bake Margarine will be fine)
385g Condensed milk
5ml Vanilla extract or any other flavouring
100g Nuts, chocolate bits, Barone etc or 50g Milo, coffee granules etc. (optional)

Method:
1. Into a Microwave safe bowl add to it castor sugar, butter and condensed milk.

2. Microwave for 3 minutes at high. Remove from micro and beat with a wooden spoon to dissolve all the sugar granules and make it nice and fluffy.

3. Microwave for 7 ½ minutes at high. Remove from micro and beat with a wooden spoon until light and fluffy.

4. Add all the flavorings you want or leave the fudge as is.

5. Pour into a well greased baking sheet of about 18x25cm.

6. Let the fudge set until luke warm and pre cut, let it sit until firm before removing it from the bakingsheet.

Source: Annelien Pienaar, 2016, Culinary Classes: boerekostwsit@gmail.com


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking