Vrydag, 03 Junie 2016

Koffie koekies

Kyk as jy nou soet wil wees tot agter jou ore dan is die versiersel van koffiekoekies heel verslawend as jy so plak. Een plak en een lek en een plak en een lek, amper soos brei!

RESEP
500 g Botter
200 g Suiker
25 ml Koffie korrels
50 ml kookwater
5 ml koeksoda
5 ml bakpoeier
1 kg Koekmeel, gesif
2.5 ml sout
200 g goue stroop
1 eier
5 ml Vanielje geursel

METODE

1. Klits die botter en suiker tot romerig.

2. Meng koffie en kookwater. Voeg koeksoda by.


3. Meng alles met koekmeel en knie liggies.


4. Gebruik vleismeule en gebruik die eerste sig-sag tandjies vir die koekie. Anders as jy nie 'n meule het nie, rol die deeg uit en druk met 'n koekie drukker, jy kan met 'n vurk op die bo-kant van die koekie krap om dit daardie kenmerkende growwe tekstuur te gee. Bak 10 - 15 minute by 180 ˚ C.


VULSEL

140 g Suiker
125 ml Melk
230 g Botter
5 ml Vanilla geursel

METODE

1. Kook die suiker, melk en botter saam vir 5 minute, suiker moet opgelos wees.  Haal van hitte af en klop die vanielje geursel by. 

2. Met ‘n houtlepel klop die mengsel tot koud en styf. Smeer die koekies met die vulsel en plak op mekaar.


HOEVEELHEID: Afhangende van lengte van koekie as die meuletjie gebruik word 

30 - 40.

BRON: Annelien Pienaar, 2015, www.bosenbergguestfarm.co.za


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking