Dinsdag, 28 Junie 2016

Klapperkoekies / Coconut biscuits

Maklike en onfeilbare koekies vir die hele gesin om te probeer. My seuns maak dit sommer in ‘n japtrap. Om die kersie op die koek te sit, ons doop hierdie lekkernye in gesmelte sjokolade om dit net daardie ekstral lekkerte te gee.

Resep
250g Botter
160g Strooisuiker
1 Eier, geklits
30ml Suurlemoensap
240g Klapper, fyn
15ml Vla poeier
30ml Mielieblom (Maizena)
5ml Bakpoeier
210g Koekmeel, gesif
2.5ml Sout
Halwe kersies vir versiering 
Ekstra klapper vir oorstooi en versiering
Gekleurde suiker

Metode:
1. Room die botter, strooisuiker tot lig en donsig. Klits die eier by tot weer lig en donsig.

2. Voeg die res van die bestanddele by en knie tot ‘n ferm deeg. Moenie bekommerd wees as die deeg droog lyk...dit moet so wees. 

3. Die deeg kan in balletjies gerol word van ongeveer 20ml of die deeg kan uitgerol word op ‘n meel bestrooide oppervlakte. Krap die oppervlakte met ‘n vurk om die klapper regop te laat staan en jy tekstuur kan sien. Sny in vingers of  druk vormpies. Plaas op gesmeerde bakplaat. Versier met kersies en ekstra klapper of gekleurde suiker.

4. Bak vir 10-15 minute by 180℃.

Recipe
250g Butter
160g Castor sugar
1 Egg, beaten
30ml Lemon juice
240g Coconut, fine
15ml Custard powder
30ml Cornstarch (Maizena)
5ml Baking powder
210g Cake flour, sifted
2.5ml Salt
Cherry halves for decorating
Extra coconut for dusting and decorating
Coloured sugar crystals

Method:
1. Cream the butter and castor sugar until light, add egg and beat for a minute or two until combined again.

2. Add remaining ingredients to form a firm dough. 

3. The dough can be rolled into balls of 20ml or the dough may be rolled onto a floured work surface to a thickness of 2cm. Score the dough on top with a fork to lift some of the coconut furs. 

4. Decorate with cherries, extra coconut and some sugar crystals. 

5. Bake at 180℃ for 10-15 minutes.

Source: Annelien Pienaar, 2015, email: boerekostwist@gmail.com

Amount: 30-50 cookies depending on size!

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking