Donderdag, 23 Junie 2016

Hot Toddy

Ek wou dooi die eerste keer toe ek ‘n Hot Toddy proe, dit was gal bitter en baie sterk. Op ‘n keer werk ek in ‘n restaurant as student en het hierdie resep afgekyk by die kroegman. Wanneer ek verkouerig is werk die gemmer sommer heerlik om die liggaam te detox!

Resep
160 ml  Rum, donker is beter
25 ml Strooisuiker
1 Ster anys
1 cm Snytjie, Vars gemmer wortel (opsioneel)
2 k Kook water

Metode:
1. Plaas die bestanddele in ‘n plunger keteltjie en roer baie goed sodat die suiker oplos. Laat vir 5 minute vir die geure om te trou. Bedien warm. Jy kan so ‘n tjirtsie heuning bysit vir die soettande...

2. Vir variasie kan sitrus ook ingebring word deur skyfies saam te bedien.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, epos: boerekostwist@gmail.com

Hoeveelheid: 2 koppies (Resep kan met gemak vermeerder word)

English Version

Recipe
160 ml Dark Rum
25 ml Castor sugar
1 Star Anise
1 cm Slice of Ginger (optional)
2 cups of boiling water

Method:
1. Place all ingredients in plunger pot and stir until sugar has dissolved. Let it the flavours infuse for 5 minutes before serving. Serve hot. Add a dash of honey if you have a sweet tooth.

2. For variation you can add some citrus to spice things up!

Bron: Annelien Pienaar, 2016, epos: boerekostwist@gmail.com

Hoeveelheid: 2 koppies (Resep kan met gemak vermeerder word)


Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking