Donderdag, 02 Junie 2016

Groen Tamatie Blatjang

Hierdie resep kan soveel nuwe geur komponente weerspiëel...gebruik bietjie fennegriek en jy het ‘n Marrokaanse jassie vir hom gegee...gebruik bietjie komyne saad by en dit is Indies...Stukkies chillie vlokkies vir kleur? Maar lekker bly dit vrek lekker! 

Resep
1 kg Groen tamaties
2 Uie, groot, grof gekap
400 g Sultana’s
700 g Wit suiker
750 ml Wit wynasyn
10 ml Sout
5 ml Fennegriek (Fenucreek)
5 ml Rooi peper


Metode:
1. Kap al die bestanddele grof op, selfs die sultana’s.

2. Plaas die asyn, suiker en geurmiddels in ‘n vlekvrye staal kastrol en verhit stadig en roer gereeld totdat al die suiker opgelos het. Voeg die groente by en kook vir 10 minute met die deksel op om al die suiker kristalle van die kant van die kastrol af te stoom.

3. Kook die mengsel oor matige hitte vir ongeveer ‘n uur totdat dit in volume verminder het en ‘n dik mengsel word. Voeg sout en peper na smaak by en bottel hierdie produk warm in gesteriliseerde warm flesse.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, BKT Kook klasse: boerekostwist@gmail.com

Hoeveelheid: 1 liter

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking