Woensdag, 15 Junie 2016

Geroosterde gestopte Hoender / Roasted stuffed Chicken

My sondag etes per maand sluit iewers ‘n gestopte hoendertjie in met ‘n heerlike sousie daarby. My gesin eet hierdie hoendertjie dat net die raamwerk oor bly.

Resep
100g Botter
1 Ui, medium, fyn gekap
2 Seldery stingels, fyn gekap
100g Sampioene, fyn gekap
80g Vars Brood krummels
15ml Suurlemoenskil
50ml Vars gekapte Pietersielie
50ml Vars gekapte Koljander blare
1.5kg Werf hoender
1 Eiergeel
200g Streep spek

Metode:
1. Voor verhit oond na 200℃. Braai die ui, seldery en sampioene in die helfte van die botter vir 5 minute en tot die vog van die sampioen uit gekook het.

2. Verwyder pan van hitte, voeg die broodkrummels, suurlemoenskil, pietersielie, koljander en eier by mekaar. Meng goed deur en stop die hoender. Werk die nek en boud toe.

3. Plaas die spek in ‘n eweredige patroon oor die hoender om die hele hoender te bedek. Plaas in kasserol bak. Smelt die ander helfte van die botter en bedruip die hoender daarmee. Bak die hoender vir ongeveer 2 ure. Elke half uur moet die hoender met die pan souse bedruip word. Die hoender moet die eerste uur toe bly en daarna kan dit oop gemaak word om te verbruin...maar hou aan met die bedruip.

Vleis sous
15ml Koekmeel
10ml Botter
300ml Hoender aftrekstel
15ml Sherry

Metode:
1. Smelt botter, voeg koekmeel by en braai tot bruin soos vir ‘n roux. Voeg dan van die gaar hoender se pan souse by, moenie die vet by gooi nie, voeg dan die aftreksel en sjerrie by. Meng goed om klonte te voorkom. Bedien warm.


English Version

Recipe:
100g Butter
1 Onion, medium, finely chopped
2 Celery sticks, chopped
100g Mushrooms, finely chopped
80g Fresh bread crumbs
15ml Lemon zest
50ml Parsley, freshly chopped
50ml Cilantro (Coriander), finely chopped 
1.5kg Free range chicken, whole
1 Egg yolk
200g Streaky bacon

Method:
1. Pre heat oven to 200℃. Use half of the butter and shallow fry the onion, celery and mushroom until soft and most of the moisture has evaporated. 

2. Remove the pan from heat and add the remaining ingredients, except the remaining butter. Mix into a paste and stuff the chicken, truss the neck and buttocks. Arrange the bacon on top of the chicken. 

3. Melt the butter and brush on top of the chicken and bake for 2 hours. The first hour covered and the last hour open. Baste the chicken with pan juices every 30 minutes.

Meat sauce
15ml Cake flour
10ml Butter
300ml Chicken stock
15ml Sherry

Method:
1. Melt butter, add flour and fry until flour is brown. Add the pan juices of the cooked chicken, not the fat. Stir to prevent lumping. Add stock and Sherry and boil for 5 minutes. Serve hot.

Source: Annelien Pienaar, 2016, epos: boerekostwist@gmail.com
Portions: 6-8
-

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking