Sondag, 12 Junie 2016

Frikkadelle / Meatballs

Ten minste een keer per week het ons frikkadelle gekry om te eet...ma het altyd interessante maniere gevind om ons dermpies te stop. Soms was die frikkadel met ‘n sousie bedien en soms droog vir die kosblik of vir die langpad. Ja, gepraat  van die langpad! Hoeveel keer het ma nie vir ons kwartel eiertjies in die middel gesit sodat dit soos Skotse eiers in dwergie formaat aangebied was. Moeder liefde het soms kasies in die middel gesit net vir die snaaksigheid...Min het ons geweet sy is ‘n meester kok! Goed kom ons kook voordat ek weer verder borduur...

Nota: Tannie Santa Bester, ook 'n ou hand as dit by kook kom het die volgende wenk met my gedeel vir Gluten allergie. Vervang brood in die resep met 1 koppie gaar gekookte rys! Tannie baie dankie vir die wenk. 

Hierdie resep is geskik vir Hamburger frikkadelle ook...of te wel Patties!

Resep
1kg Maalvleis, nie maer nie!
1 Ui, groot, fyn gekap
5ml Knoffel, fyn gedruk
20ml Olyf olie
1 Aartappel, fyn gerasper
4 Brood snye, bruin verkieslik of 1 k gaar rys
100ml Melk
2 Eiers
15ml Woestersous 
5ml Tamatie puree
5ml Vars geroosterde koljander, dan gemaal
2ml Neut muskaat
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Week die brood in melk en plaas eenkant.

2. Braai die ui in die olyfolie tot glansend en deurskynend, voeg dan laaste die knoffel by en braai vir ‘n minuut. Laat afkoel.

3. Voeg al die bestanddele saam en hier is nou die geheim van ‘n ligte en sponsige frikkadel. Die bestanddele moenie teveel gemeng word nie, anders het jy ‘n frikkadel wat jy iemand mee kan dood gooi! Met twee vurke sny die bestanddele in mekaar in totdat die mengsel egalig vertoon. 

4. Skep dan met die grootste roomys skepper wat jy het die balletjies uit en rol mooi rond en plaas in ‘n oondskottel wat met botter uitgevryf is.

5. Jy het drie opsies om die frikkadelle gaar te maak:
a. Vlakvet braai:L Voor verhit ‘n kleefvrye pan of gietyster pan en voeg olyf olie by vir vlakvet braai. Braai dan die frikkadelle oor medium hitte tot gaar.
b. Oond bak die frikkadelle in die oond vir 45 minute by 180℃
c. Hutspot: 5 ure op high

6. Voeg die bruinsous net voor opdiening oor die frikkadelle.

Bruin Sous
115g (½ k) Botter
70g (½k) Koekmeel
2k Aftreksel van die beesstert
5 Knoffel toontjies, fyn gedruk
125ml (1/2k) Blatjang
Sout en Peper na smaak

Metode:
1. Smelt die botter oor medium hitte en voeg die koekmeel by. Die mengsel is amper soos met die maak van witsous, maar ons gaan hier die botter en meel braai totdat dit soos roosterbrood ruik. Die kleur gaan ook karamelagtig word. Dus is ons besig om ‘n “blond” (nie grappies) te maak. Hoe langer jy die meel en botter braai, hoe donker die sous se eind produk.

2. Sodra jy die regte kleur bereik, voeg die aftreksel en knoffel by. Verhoog die hitte en roer met ‘n ballon klitser totdat die mengsel verdik het. Sout en peper na smaak. Voeg die gaar sous by die vleis en volg die stappe dan soos aangedui. 


English Version

Recipe
1kg Mince meat, not lean
1 Onion, large, finely chopped
5ml Garlic, freshly crushed
20ml Olive oil
1 Potato, finely chopped
4 Brown bread slices
100ml Milk
2 Eggs
15ml Worcestershire sauce
5ml Tomato puree
2ml Nutmeg
5ml Coriander seeds, roasted and grinded
Salt and pepper to taste

Method:
1. Soak bread in milk and set aside. Fry the onion in olive oil until soft and translucent and lastly fry the garlic for a minute. Set aside to cool.

2. Add all the ingredients together and stir with two forks until all ingredients are combined. The forks prevent over mixing and clumping of a dense meatball.

3. Measuring for portions is easier if using a large icecream scoop for the task. Roll each ball into nice rounds and place into a pre greased oven dish.

4. Three cooking methods to consider:
a. Shollow frying: Pre heat a skillet, add olive oil and fry over moderate heat the meatballs until cooked.
b. Oven bake: Cover the meatballs and bake at 180℃ for 45 minutes.
c. Slowcooker: 5 hours at high

5. Add the gravy mixture just before serving over the meatballs.

Gravy
115g ( ½ cup) Butter
70g ( ½ cup) Cakeflour
2 cups Stock
5 Garlic cloves, crushed
125ml (1/2 cup) Chutney
Salt and peper to taste

Method: 
1. Melt the butter and add the flour. Fry the butter and flour over medium heat until it changes its colour to caramel or dark caramel. The smell should be that of toast, not burnt. 

2. Add the stock and cook with garlic for 5 minutes until cooked. Add to the meat and follow the recipe from there. 


3. Salt and peper to taste.

Bron/Source: Annelien Pienaar, 2016, Cullinary classes: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 6 porsies

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking