Maandag, 13 Junie 2016

Bolognese Sop / Soup

Hierdie is ‘n lekker vinnige soppie om te maak en kan ook met die hutspot gemaak word! Dit is ‘n gesonde reseppie en in ‘n kits het jy ‘n heerlike maaltyd met vleis en groente in een.

Resep
30ml Olyf olie
1 Ui, medium, fyn gekap (nie gerasper)
2 Knoffel toontjies, fyn gedruk
2 Wortels, gerasper
2 Seldery stokkies, fyn gesny
150g Spek vleis, fyn gekap
500g Maalvleis
400ml Rooiwyn (opsioneel) vervang met aftreksel
750g Tamaties ontvel (kan geblik gebruik as jy haastig is)
30ml Origanum, gedroog
5ml Paprika, gerook (opsioneel)
750ml Aftreksel van keuse
80ml Tamatie putee

Method:
1. Verhit ‘n dieperige kastrol en voeg die olie by asook die ui, wortel en seldery. Braai totdat dit bruin en sag is. Voeg die knoffel by en braai vir ‘n minuut.

2. Braai die spek tot bruin en gaar. Braai nou die maailvleis in dieselfde pan tot dit gaar is. Voeg die wyn by en kook tot die vog met die helfte halveer het. Voeg nou die vleis by die gebraaide uie mengsel.

3. Voeg die res van die bestanddele by en kook die mengsel vir 40 minute by medium hitte. Bedien die sop warm met ‘n skepseltjie room by!

English Version

Recipe
30ml Olive oil
1 Onion, medium, finely chopped
2 Garlic cloves, minced
2 Carrots, finely grated
2 Celery sticks, fine chopped
150g Bacon, chopped
500g Lean mince
400ml Red wine (optional) replace with stock
750g Tomatoes, blanched, peeled (or canned)
30ml Oregano, dried
5ml Paprika, smoked (optional)
750ml Stock of choice
80ml Tomato puree

Method:
1. In a stock pot fry the onions, celery and carrots until brown. Add the garlic and fry for another minute. Set aside.

2. Fry the bacon in a pan until golden brown. Fry the mince in the same pan until cooked. Add the mince mixture to the onions in the stock pot.


3. Add all the ingredients to the stock pot and cook for 45 minutes and serve warm with a dash of cream!

Source: Annelien Pienaar, 2016, Cullinary classes: boerkostwsit@gmail.com
Amount: 8 portions




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking