Donderdag, 09 Junie 2016

Aartappelpastei deeg / Potato pastry

Hierdie is my kroek korsie vir pasteie. Ek hou ook van dit omdat dit minder meel gebruik en dan jou rand effens rek. Die deeg is heerlik as dit koud is. My kinders se kosblikke bevat gereeld ouma se vleispasteitjies met hierdie korsies. Dit gee geen vetterige nasmaak nie en koud of warm, dit bly heerlik. Die kors is ook nie geneig om so baie te krimp met die bakproses nie...dus, wat wag jy nog...begin bak!

Resep
560g Koekmeel, gesif
20ml Bakpoeier
5ml Sout
250g Botter or Bake margarien
1 kg Aartappels, gekook, geskil, fyn gedruk
1 Eier, geklits

Metode:
1. Sif die koekmeel, bakpoeier en sout saam. Plaas die meel en botter in ‘n voedsel verwerker en meng totdat dit soos broodkrummels lyk.

2. Voeg die res van die bestanddele by en meng totdat dit ‘n bol vorm. Voel aan die deeg. As dit hard voel kan jy so ‘n eetlepel of twee melk byvoeg.

3. Die deeg kan nou dadelik gebruik word.

4. Rol die deeg 3mm dik uit en gebruik soos vir gewone pastei deeg.




Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking