Donderdag, 02 Junie 2016

Aartappel koekies / Rosti

Ons het twee goed as kinders self kon maak...aartappel koekies en plaat koekies! Bliss aartappels werk glad nie vir hierdie resep nie! Vir variasie kan jy gerasperde kaas en ook uie, sprietuie ens by voeg...moenie meer as 'n koppie kaas bysit nie...

Resep
2 Aartappels, groot
Sout en peper na smaak
50g Botter
50ml Olyf olie

Metode:
1. Kook die aartappels totdat dit net halfpad gaar is. Laat dit afkoel en plaas in die yskas oornag om goed te set. As jy dit nie doen nie gaan die aartappel nie mooi in lang repies rasper nie.

2. Verhit ‘n swaarboom pan en rasper solank die aartappel. Sprinkel met geurmiddels en voeg die gesmelte botter en olyf olie by die aartappel mengsel. Neem ‘n groot roomys skepper en skep ‘n lepel vol op 'n bakplaat en druk plat. Ek gebruik my eierbak se ringetjies om die koekie binne in te sit, plat te druk met lepel en dan so te bak.

3. Plaas ekstra olie in die pan en braai die koekie aan beide kante tot mooi bruin. Bedien saam met ontbyt of as bykos.

4. Die rosti kan in die vormpies ongebak gevries word en dan bevrore in die oond sonder olie op 'n bakplaat gebak word by 180C vir 20-25 minute. Of direk in die geoliede warm pan.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, BKT kook klasse: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 8-10

English Version


RECIPE
2 Potatoes, large
Salt and pepper to taste
50 g Butter
50 ml Olive oil

METHOD
1.  Boil potatoes until just halfway done. Cool and place in the refrigerator overnight to set. If you do not do this the potato won't grate in long strips.

2.  Heat a heavy base pan and grate the potatoes. Sprinkle the potatoes with seasoning and add the melted butter and olive oil in the pan. Take a large ice cream maker and scoop a spoonful onto a baking sheet and press it down. I use egg rings to put the cakes inside and  press it down with a spoon and then bake it.

3.  Fry the cake on both sides until golden brown. Serve with breakfast or as a side dish.

4. The Rosti's do freeze perfect in the uncooked shaped form. To cook you have two methods to follow: Shallow fry directly out of the freezer or bake in preheated oven for 20-25 minutes at 180C.

SOURCE: Annelien Pienaar, 2016 BKT cooking classes: boerekostwist@gmail.com

QUANTITY: 8 - 10 cakes.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking