Sondag, 01 Mei 2016

Wil jy beter foto’s neem? Wil jy meer as net mik en druk?



Kom ek verduidelik eers hoe die kamera dink. Dit maak nie saak of dit jou foon, tablet of regte kamera is nie. Dink eers aan jou oog, dink aan hoe jy kyk. Jou oog is so uniek in die sin dat dit kan fokus op iets in die verte en goed wat naby is buite fokus maak. Of anders om ook, vanself verdof die oog die agtergrond en die naby fokus punt kom in skerp fokus. Goed, kry die prentjie? Jou brein kan self besluit wat en hoe die beeld gaan wees wat die oog gaan sien. Dink net as jou kamera soos jou brein kon wees! Dan het fotograwe nie werk gehad nie!

Goed, hierdie inligting is vir selfs kinders om maklik te interpreteer. Dit is nie ‘n formele fotografie les nie. Dit maak jou net bewus van die funksies van jou fotoneem aparatuur wat tot jou beskikking is.

Kom ons kyk na die icon wat lyk soos ‘n persoon se kop
Kyk na die foto van die cupcake. Jy sal sien dat die voorwerp links in skerp fokus is en die agtergrond geblur is. Hoe kry hulle dit reg? Daar is ‘n vreeslike lelike woord genaamd DOF of Depth of Field. Jy het nie nou te kommer om oor die woord te huil. Dit beteken net met hoeveel die agtergrond uit fokus gaan wees tov die voorwerp. Soms wil ons iets meer skerp in fokus hê sodat dit die kyker se aandag kan vang. Die sukses van enige goeie ontwerp is die beweeg van die oog in ‘n logiese volgorde van die middelpunt en dan van links na regs en op en af...dit is goeie fokus. Nou, wat die gesiggie vir ons doen, dit besluit self wat die DOF gaan wees of hoe "dof", uit fokus die agtergrond gaan wees.

Kom ons doen ‘n eksperiment. Neem ‘n voorwerp en plaas dit voor ‘n baie besige agtergrond. Die agtergrond moet ongeveer 50cm tot 2m weg van die voorwerp wees. Neem nou ‘n foto van naby met die kamera op die gesiggie stelling, jy mag glad nie zoom nie. Die voorwerp moet ‘n derde van die skerm vul. Wat sien jy? Die agtergrond is nog redelik in fokus ne? Goed kom ons doen die volgende oefening weer. Staan nou een groot tree agter toe, zoom nou in sodat die voorwerp weer een derde van die skermpie vul, neem die foto. Wat sien jy nou? Ja, die agtergrond is meer geblur ne? Geluk jy het so pas jou eerste les geslaag! Hou aan om te speel met hoe ver die agtergrond van die voorwerp is en jou afstand vanaf die komposisie(die voorwerp en agtergrond). Maak seker dat wanneer jy die foto neem, jou fokus punt die kruisie of sirkeltjie perfek is op die voorwerp of daar waar jy die fokus wil hê.

Kom ons kyk na die bergie setting of landscape soos dit genoem word
Hierdie stelling werk soos volg. Dit is eintlik ‘n wye hoek lens soort van ingebou in die funksie, in kort dit kyk 180 grade. Dus as jy goed soos berge of ‘n groep mense wil afneem en sorg dat alles in die raampie moet wees...is hierdie stelling ‘n moet. As jy ‘n groep mense net wil afneem op auto gaan jy dalkies nie almal in kry nie. Dus, skakel oor na die landscape setting en voila...almal pas in oor die 180 grade hoekie wat vir ons ingebou is!

Hiermee volstaan ek...jy kan baie speel en die mooiste foto’s so neem! Volgende speel met natuurlike lig van die kant van jou komposisie, dan bring ‘n ding soos ‘n reflektor in soos foelie om die lig te weerkaats om skadus te vermy, ook 'n wit karton vir refleksie, swart dien weer as 'n diffuser of lig absorbeerder, dan is daar light boxes...maar dit is iets vir eendag.

Hoop dit help effens vir jou spog foto’s vir die Boerekos met ‘n Twist blad met al my resepte wat jy maak!

Groete Annelien

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking