Dinsdag, 10 Mei 2016

Tamatiesop

Dit is nou een sop wat ek regtig lief is om te maak. Dit is pikant en bedien met room op die kant, maak dit ‘n heerlike reis! Wanneer jy met tamaties werk in Suid Afrika is dit geneig om sy rooi te verloor as dit verpulp word. Daarom is ek soms geneig as die sop neig om oranje uit te kom, om so 'n eetlepel tamatie puree by te voeg om die kleur na 'n intense rooi terug te neem. So speel met die resep.

Resep
15ml Olyf olie
25g Botter
1 Wortel, geskil, gerasper
1 Medium ui, geskil en fyn gekap
1 Soetrissie, rooi verkieslik, fyn gekap
1 Seldery stingel van 30cm lank, fyn wiggies
600g Tamaties, ontvel of blikkie
500ml Groente aftreksel (Ina Paarman sin is die lekkerste)
Knippie Neut muskaat
Knippie Gemmer
Sout en peper na smaak
250ml Room vir garnering

Metode:
1. Verhit olie en botter in kastrol. Voeg die wortel, ui, soetrissie en seldery by en roerbraai met toe deksel vir ongeveer 10 minute tot sag.

2. Voeg die tamaties en aftreksel by en kook vir 15 minute tot sag.

3. Puree die mengsel tot baie glad. Ek gaan nog een stappie verder en dreineer deur sif vir ekstra gladheid. Geur met gemmer en neutmuskaat, sout en peper na smaak. Ek sit soms frummels van feta oor vir die garnering.

4. Bedien die sop warm met room en skyfies geroosterde brood of apart.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, epos adres vir klasse: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: 4 porsies

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking