Maandag, 16 Mei 2016

Platteland Tydskrif en Sourdough klas saam met Annelien Pienaar

Dit borrel en bruis al van Januarie maand dat ek kan vertel van my Sourdough klas wat beplan word met Platteland Tydskrif. Maar nou is die kat uit die mou! 

Wat maak ons?
Ons maak 'n Sourdough deeg wat dan omskep word in 'n Baugette, gevlegde brode en verskeie vorme soos Epi, Fougasse, Pain de Campagne ens. My fokus gaan wees op Intenstinale gesondheid deur mikrobiese groei van bakterie in die sourdough. Hoe fermentasie prosesse gebruik kan word om bakteriele groei aan te moedig sodat ons goeie probiotika's kan vervaardig wat die liggaam herken en verteer. Al die brode wat jy in die klas maak neem jy huistoe. 

Wat ontvang jy in die klas?
Platteland bederf die kursusgangers met: 'n Elektroniese intekening tot Platteland se tydskrif, 'n Platteland voorskoot en mengbak onder andere. Verder is al die bestanddele, verversings, twee gang maal, resepte en nota's ingelsuit. Eureka Mills is ook ons meel borg en ons werk dus met die heel beste bestanddele vir die perfekte brood. Ek gee ook 'n plantjie vir elkeen om tuis te versorg en te voer. Sy is al 80 jaar oud en baie aktief! Dan ook 'n Bos en Berg Kook skool broodslopie en lappie vir die rys van jou deeg of te wel Bakers Couche.

Wanneer: Saterdag, 3 September 2016
Waar: Van Gaalen Kaasmakerij, Hartbeespoortdam (my venue is te klein), ons maan egter dat daar net plek is vir 25 persone vir die klas. So, hoe gouer jy bespreek hoe beter!
Vir verdere details kontak: boerekostwist@gmail.com wat jou sal kanaliseer na Platteland se kantore vir die direkte besprekings en betalings aan Media 24.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking