Dinsdag, 17 Mei 2016

Olyf Tapenade met 'n Twist

Hierdie tapenade (iets tussen ‘n sousie en ‘n smeer) kan vir baie doeleindes aangewend word. Ek maak gevulde hoender borsies met die olyf weergawe. Die borsies word plat gekap en gevlinder, die tapenade oorgesmeer en opgerol. Vou styf toe met kleefplastiek en verkoel. Ek posjeer dan die rolletjie in water tot gaar. Daarna word dit bruin gemaak op ‘n riffel pan en dan mooi geplate! As jy dit mooi sny kan dit regop staan en die swart spirale van die rolletjie vertoon dan baie mooi.

Verder vir ‘n Brushetta of brood bord kan die verskillende kleure van groen tot swart olywe ook ‘n mooi maar smaaklike smeer of doopsousie wees. Ek is natuurlik gek na die tapenade saam met my pasta, veral so skoon sonder enige ander souse by tuisgemaakte tagliatelle. Op die foto het ek lewekoekies gemaak en toe bedien met 'n lagie tapenade en 'n geposjeerde eier! Hummus is ook heerlike met die tapenade. Dus, die lys is nimmer eindigend...dink Foccacia met tapenade of pizza met tapenade basis ipv die gewone tamatiebasis!

Resep
150 g Swart olywe, ontpit
2 Anchovy vis filette
15 ml Suurlemoensap
3 Knoffel toontjies
5 ml Vars roosmaryn, fyn gekap
10 ml Vars tiemie, fyn gekap
6 Salie blare
5 ml Kappertjie saad (Capers)
100 ml Olyf olie (nie extra virgin olyf olie nie)

Metode:
1. Plaas al die bestaddele in ‘n voedselverwerker en maak tot ‘n gladde pasta. 

2. Kan vir 4 weke in die yskas gehou word.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, epos adres vir klasse: boerekostwist@gmail.com

Hoeveelheid: 250 ml ongeveer

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking