Woensdag, 18 Mei 2016

Ma se Cream Cracker Vlaskywe


Ja, ek maak ook die vinnige Cream Cracker Vlaskywe wat in ‘n kits gereed is. Ek is dol oor die soet suur van die versiersel saam met die sout van die koekie. Verder het ek vir julle die mikrogolf oond metode en die plaat metode in die resep ingewerk, kyk uit vir variasie. Genade hoe water my mond nou!!!

Resep
200g Cream Crakers
1 liter Melk
100 g Suiker
50 g Botter of Bak margarien
70 g Koekmeel
50 g Maizena, mielieblom
15 ml Vla poeier
100 ml Water
3 Eiers, Jumbo, geskei
knippie sout
10 ml Vanielje geursel
260 g Versiersuiker
50 ml Kookwater
5 ml Suurlemoensap

Metode:
1. Pak solank die beskuitjies uit in ‘n langwerpige bak van ongeveer 30 cm by 25 cm en ongeveer 7 cm hoog. Ek spuit as ‘n reel nie die bak met die kleef werende sproei nie, jy is welkom om te spuit as jy wil. Pak al sie beskuitjies met die lyntjies in dieselgde rigting. Maak ook seker dat die lyne kruis en dwars ooreenkom.

2. Voeg die melk, suiker, botter by mekaar en smelt die botter. Verwyder van stoof en plaas eenkant.

3. Gebruik nou die water en los die sout, eiergeel, meel, vlapoeier en mielieblom in die water op. Ek vind vir hierdie resep jou ballonklitser of whisk die beste werk om die mengsel glad en egalig te kry.

4. Meng die eiermengsel met die afgekoelde melk mengsel. Met jou ballon klitser meng alles deeglik deur.

5. Verhit die mengsel oor matige hitte totdat dit verdik het vir ongeveer 6 - 8 minute. Proe aan die mengsel om seker te maak dat jy geen rou stysel proe nie. Mikrogolf Variasie: Plaas die goed gemengde eiermengsel in mikrogolfoond en mikrogolf vir 1minuut, stop, roer goed deur, en doen vir nog 4 keer. Proe aan die mengsel of dit gaar is.

6. Klits die eierwitte met ‘n knippie kremetart tot stywe punt stadium en vou dit by die vla mengsel in, tesame met die vanielje, met die hulp van jou draad klitser. Gebuik ‘n figuur 8 beweging en draai die bak in die rondte die heel tyd. 

7. Skep die vla mengsel in die voorbereide tertbak en pak die koekies weer eweredig op die bokant. Laat eenkant om heeltemal af te koel voordat die versiersel oorgesit word.

8. Vir die glans laag: Meng die versiersuiker, kookwater en suurlemoensap saam, versprei met slaplem mes oor oppervlakte en laat stol verder in die yaskas vir 12 ure om goed te set.

9. Versier met klapper en kersies indien verkies.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, vir klasse epos adres: boerekostwist@gmail.com

Hoeveelheid: 24 blokkies afhangend soos jy sny

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking