Dinsdag, 10 Mei 2016

Dadel en Vrugte blokkies

Hierdie was ons vakansie blokkies gewees. Wanneer mammie dit gemaak het was daar altyd genoeg handjies om te help. Teen die tyd wat ons “klaar” gehelp het, was die Marie koekies klaar! So moeder het geweet om meer as een pakkie uit te haal vir die honger handjies. Verder was ek verslaaf aan die suurlemoen versiersel oor die koekie. Ek het die bak altyd uitgelek en kon nie genog kry nie!

Resep
250g Dadels, fyn gekap
250ml Gemengde koekvrugte (ja die soort wat jy in vrugtekoek sou gebruik)
300g Sagte Botter of Bak soort margarien
500g Versiersuiker
40ml Kakao, deesdae gebruik ek die swart kakao
250ml Klapper
3 Eiers, geklits
2t Vanielje geursel
2 druppel geel voedsel kleursel
200g Marie Koekies, grof gebreek
100g Enige soort neut

Metode:
1. In ‘n groot kastrol smelt die botter en versiersuiker, voeg die dadels, koekvrugte, kakao en klapper by en kook vir 5 minute oor medium hitte. Verwyder van hitte en laat net 5 minute afkoel.

2. Meng die eiers en vanielje met mekaar en voeg by die warm mengsel. Moenie bang wees dat die eiers sal skif nie, jy moet net baie vinnig roer. Voeg nou die koekies en neute by. 

3. Druk die mengsel in ‘n bak en laat goed afkoel voordat jy die glanslaag oorgooi.

Glanslaag
260g Versiersuiker, gesif
25ml Suurlemoensap
5ml Vanielje geursel
5ml Suurlemoenskil, vars gerasper indien verkies

Metode:
1. Voeg die suurlemoensap, vanielje by die versiersuiker en roer totdat dit goed opgelos is.

2. Gooi dadelik uit op koekies. Laat goed set voordat die koekies gesny word.

Bron: Annelien Pienaar, 2016, epos adres: boerekostwist@gmail.com
Hoeveelheid: Swissroll pan of langwerpige pyrex bak.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking