Sondag, 17 April 2016

Rog en Volkoring brood / Rye and Wholewheat bread

Hierdie broodjie is iets wat ek al ‘n tydjie lank aan werk. Ek het iets gesoek wat nie te dig en swaar is nie. Ek wou ook ‘n brood maak wat vir lang tye kan hou. Die resep is op die proef gestel, verander en letterlik 10 keer oorgemaak totdat ek by ‘n eind resultaat uitgekom het wat vir my aanvaarbaar is. Ja, jy lees reg die water word in gramme gemeet! Maatbekers is deesdae so sleg gekalibreer dat jy gaan skrik as jy die toets doen. Water is in gramme en milliliters presies dieselfde. So meet een koppie water of 250ml water af en meet die gewig! Geskirik toe jy die toets doen? Wel, hopelik verstaan jy nou hoekom sommige van jou resepte nie uitwerk nie!

Resep
Spons
100g Nuttywheat of Bruinbrood meel
50g Rog meel
100g Witbrood meel
300g Water, lou warm
2.5ml Kits gis (1g)
5ml Heuning of Melasse stroop

Metode:
1. Meng die bestanddele goed deur en maak toe met plastiek. Laat die deeg by kamertemperatuur van 26℃ vir ongeveer 3 ure of oornag om geur te ontwikkel. Indien dit baie koud is, plaas die mengsel in ‘n koelhouer en maak dig toe.

Deeg
Spons wat jy gemaak het
600g Water, lou
150g Nutty wheat of Bruinbrood meel
600g Witbrood meel
30g Olyf olie
15g Sout
5ml Kits gis

Metode:
1. Voeg al die droeë bestanddele saam. Meng die spons, olie en die water saam. Meng die deeg goed deur en moenie knie nie. Laat die deeg vir 30 minute rus. Dit maak die knie proses soveel makliker en korter.

2. Knie nou die deeg totdat dit glad en elasties is. Plaas in ‘n gesmeerde bak en laat staan tot dubbeld in volume of vir ongeveer 1 ½ uur. 

3. Deel die deeg op in porsies wat vir jou maklik hanteerbaar is. Ek bak my brood in gietyster potjies. Dus voer ek die potjies uit met waspapier en plaas dan die deeg daar binne om weer te verdubbel, ongeveer 30 minute. 

4. Bak dan die brood vir 35 minute met die deksel van die potjie op en dan sonder die deksel vir nog 20 minute by 220℃.

5. Verwyder die brood uit die potte en laat op draadrakkie afkoel. Moenie sny voordat die brood ten minste 20 minute gestaan het. 

Bron: Annelien Pienaar, uittreksel uit Loaves of Love Sourdough klasse 2015.
Hoeveelheid: Twee brode
English version
Recipe
Poolish starter
100 g Nutty wheat or brown bread flour
50 g rye flour
100 g White bread flour
300 g water, lukewarm
2.5 ml instant yeast (1g)
5 ml Honey or Molasses syrup

Method:
1. Mix the ingredients well and cover with plastic. Let the dough at room temperature of 26  for about 3 hours or overnight to develop flavour. If it is very cold, put the mixture in a cool box and close tightly.

Dough
Sponge you made
600 g Water, lukewarm
150 g Nutty wheat or brown bread flour
600 g White bread flour
30 g Olive oil
15 g Salt
5 ml Instant yeast

Method:
1. Add all the dry ingredients together. Combine the sponge, oil and water together. Mix the dough well and do knee. Let the dough rest for 30 minutes. This makes the kneading process much easier and shorter.

2. Knead dough until it is smooth and elastic. Place in a greased bowl and let stand until doubled in volume or for about 1½ hours. 

3. Divide the dough into portions that can be easily handled for you. Bake bread in cast iron pot. Line the pots with wax paper and put the dough inside to double again, about 30 minutes. 

4. Bake the bread for 35 minutes with the lid on the pots and then without the lid for another 20 minutes at 220.

5. Remove the bread from the pots and leave on wire rack to cool. Do not cut until the bread stand for at least 20 minutes. 

Source: Annelien Pienaar extract from Loaves of Love Sourdough class 2015.


Quantity: 2 loaves.

1 opmerking:

  1. Goeie Môre Annalien, net 'n vinnige vragie. Ek het jou volkoring brood resep stiptelik nagevolg - selfs die lou water afgeweeg (600g) en my deeg was baie slap. Moes ek aanhou meng en knie en geduldig wees? Die deeg wou net eenvoudig nie vorm kry nie.... Jou terugvoering en mening sal baie waardeer word. Dankie. Conna K

    AntwoordVee uit