Vrydag, 01 April 2016

Gerookte Haddock Kedgeree

Soms kan mens net lag kry vir die mensdom darm! So maak ek hierdie wonderlike vis gereg wat ek mee groot geword het. My man, toe my verloofde, het nie mooi geweet wat die gereg se naam is nie. Ek het vir hom in kort probeer verduidelik wat die bestanddele behels. Ons was baie betrokke by ons kerk se jeug en was ook jeug leiers nadat ons getroud is. Een winters aand met ‘n bymekaar kom sessie het ek hierdie heerlike visgereg gemaak en met vars gebakte brood bedien. 

Die gaste was dol oor die kombinasie van die vis en vars brood. ‘n Jong student kom na ons en vra vir my man wat die gereg se naam is. Ek het behoorlik verstik toe die woorde uit my man se mond kom: “’n Moerby pastei!”. Daar het ek al opgegee om hom geleerde woorde te leer!

In die ou dae was Kedgeree gebruik vir ontbyt of vir ‘n noen ontbyt (brunch). Dit bevat altyd een of ander vorm van vis, room, kaas, hard gekookte eiers en rys. Dit is uiters vullend en gesond.

Resep
600g Haddock of Gerookte snoek
1 Seldery stingel
4k Water
350g Basmati rys
3e Dille, vars gekap anders gedroog 1e
175g Gerasperde Cheddar kaas
3 Hard gekookte eiers

Metode:
1. Posjeer die vis in water. Gebruik ‘n pan wat redelik wyd is en gooi die water in die pan met die fyn gensyde seldery stingel. Plaas deksel terug op die pan en posjeer vir 12 minute tot gaar.

2. Laat die vis afkoel en behou die oorblywende vloeistof.

3. Voeg die rys by die posjeer water en laat dit oor medium hitte kook vir ongeveer 10 minute sonder om die deksel op te tel. Verwyder van hitte en laat nog ‘n verdere 5 minute staan voordat dit oopgemaak en geroer word met ‘n vurk.

4. Maak solank die sous...

Sous
500ml Melk
125ml Room
40g Koekmeel
40g Botter
5ml Dijon mosterd
5ml Heuning
Sout en peper na smaak

Metode:
1. Maak eers ‘n roux van die meel en botter, deur die botter oor lae hitte te smelt. Voeg die meel by en roer goed deur. Voeg die melk by en roer goed terwyl jy die mengsel na kookpunt verhit.

2. Sodra die mengsel verhit het, voeg die res van die bestanddele by.

3. Maak solank die grill van die oond warm.

4. Voeg nou die room, rys, dill en helfte van die kaas by die sous en vou liggies in. Volgende voeg die vis en eiers by en vou weer in. Skep in oond skottel.

5. Sprinkel mildelik met die oorblywende kaas en ekstra kruie soos dille. Rooster totdat die dis goud bruin gebak is. Bedien warm.

English Version

RECIPE
600 g Haddock or Smoked snoek
1 Celery stalk - cut into thin slices
4 cups Water
350 g Basmati rice
3 tbs Dill, fresh chopped or 1 tsp dried 
175 g Grated Cheddar cheese
3 Hard boiled eggs

METHOD
1. Poach the fish in water. Use a pan that is fairly wide and pour the water into the pan with the celery. Place lid on the pan and poach for 12 minutes until done.

2. Let the fish cool and keep the remaining liquid.

3. Add the rice to the poaching water and let it cook over medium heat for about 10 minutes without lifting the lid. Remove from heat and allow a further 5 minutes standing before it's opened and stirred with a fork.

4. Make the sauce ...

SAUCE
500 ml  Milk
125 ml Cream
40 g Cake flour
40 g Butter
5ml Dijon mustard
5 ml Honey
Salt and pepper to taste

METHOD
1. Make a roux of the flour and butter by melting the butter over low heat. Add the flour and mix well. Add the milk and stir well while heating to boiling point.

2. Once the mixture has heated, add the remaining ingredients.

3. Heat the grill of the oven.

4. Add the cream, rice, dill and half of the cheese to the sauce and fold in. Next add the fish and eggs and fold again. Spoon into oven dish.


5. Generously sprinkle with the remaining cheese and extra dill. Roast until it's golden brown. Serve hot.

Bron: Annelien Pienaar, www.bosenbergguestfarm.co.za, 2016 
Hoeveelheid: 6 porsies

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking