Donderdag, 10 Maart 2016

Sourdough Wafels / Waffles

My ma het sonder dat ek dit besef het altyd met plantjies brood en beskuit gebak. Ons het geen ander metode van brood en wafels maak geken nie. Selfs die plaatkoekies is met hierdie mengsel gemaak. Die deeg is ongelooflik lekker en maklik om mee te werk en ek hou dit vir 5 dae in die yskas en bak soos nodig. Ons eet die wafels met soet en sout vulsels en maak ‘n hele maaltyd daarvan. Die deeg word met gis aangemaak en het daardie kenmerkende soetsuur reuk eie aan broodbak.

Die deeg is uiters geskik vir die maak van plaatkoekies ook. Die beslag bly dieselfde en geen veranderings. Jy kan ook pannekoek met dit bak. Voeg ongeveer 150ml water by die beslag en bak dan soos pannekoek. Indien die beslag vir jou te dik is vir pannekoek, voeg versigting nog bietjie water per eetlepel by.

Resep
280g Koekmeel
15ml Wit suiker
2.5ml Sout
2.5ml Instant yeast
500ml Melk, lou warm(30℃)
115g Botter, gesmelt of sonneblom olie
1t Vanilla essence (opsioneel vir sout wafels)
2 Eiers, separated (die eiers word eers die volgende dag bygevoeg)

Metode:
1. In ‘n groot mengbak sif die meel, suiker, sout en gis saam. Meng die melk, botter en geurmiddels saam. Meng die nat bestanddele by die meel mengsel en klits met ‘n ballon klitser goed deur. Laat die mengsel vir 60 minute buite staan om aktief te word en plaas dan vir 12 ure of meer in die yskas. Onthou, hoe langer die mengsel in die yskas staan, hoe suurder word die mengsel.


2. Die volgende dag sal jy opmerk dat die beslag sponsig en borrelrig lyk. Maak solank die wafelpan warm oor medium hitte as jy nog met ‘n yster pan werk. As jy met elketries werk stel ek voor gaan na die 2/3 merk. Voor jy bak sproei met kleefwerende kos sproei.

3. Klits die eiergele in die beslag in. Klits die eierwitte tot stywepunt stadium en vou in die beslag in.

4. Skep lepels vol in die wafel pan en bak 3-5 minute aan beide kante.

5. Om wafels bros te hou plaas dit in ‘n voor verhitte oond van 100℃. Indien jy die wafels gevries het kan dit ook weer op dieselfde wyse bros gemaak word. Sit dit bevrore in die warm oond vir 10 minute en jy sal dink dit is vars gebak.

Bron: Annelien Pienaar, uittreksel van Sourdough klas 3, 2015
Hoeveelheid: 6-8 wafels

English Version
Recipe
280 g Cake flour
15 ml White sugar
2.5 ml Salt
2.5 ml Instant yeast
500 ml milk, lukewarm (30 ℃)
115 g Butter, melted or sunflower oil
1 t Vanilla essence (optional for salt wafers)
2 Eggs, separated (the eggs are only added the next day)

Method:
1. In a large bowl sift together the flour, sugar, salt and yeast. Mix the milk, butter and vanilla together. Mix the wet ingredients into the flour mixture and beat thoroughly with a balloon whisk. Let the mixture stand  outside for 60 minutes to be active and then place for 12 hours or more in the refrigerator. Remember, the longer the mixture stand in the refrigerator, the more acidic the mixture gets.


2. The next day you will notice that the batter looks spongy and bubbly. Heat the waffle pan over medium heat if you still use a iron pan. If you use electricity go to the 2 / 3 mark.  Before baking spray with nonstick food spray.

3. Beat the egg yolks in the batter. Beat the egg whites until stiff peak stage and fold into the batter.

4. Spoon spoonfuls of batter into the waffle pan and bake 3 - 5 minutes on both sides.

5. To keep waffles crispy place it in a preheated oven of 100 ℃. If you freezed the waffles it  can be made again crisp in the same way.
Put it frozen in the preheated oven for 10 minutes and you will think it is freshly baked.

Source: Annelien Pienaar extract of Sourdough class 3, 2015


QUANTITY: 6 - 8 waffles.

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking