Saterdag, 05 Maart 2016

Mango Lassi

As jy jouself nou regtig heerlik wil bederf dan maak jy vir jouself hierdie  geurige en verfrissende “Smoothie”. Ek het soveel lassi’s al by my Indiese vriendin geleer maak dat die Mango en die Avo vir my die heel lekkerste is. Sy het gee resep nie en gooi net alles by mekaar. Daarom dat ek eers ‘n paar keer die resep gemaak het om die resep te standardiseer en almal dit met sukses kan maak en die smaak ontploffing met my kan deel.

Ek het slimmer geword deur die jare as ek smoothies maak mbt die fynkap van ys. Kap die ys eers in ‘n vadoek tot redelik klein en voeg dan by die mengsel in die voedselverwerker en kap dan verder fyn. Jy spaar jou lem en jou motor hou ook langer.

Resep
1k Mango, ryp, in blokkies
1 Piesang, gekap
500ml Gewone yohurt of Kefir of Karringmelk
30ml Suurlemoensap
½ t Kardamom, fyn
100ml Heuning
3 Ysblokkies

Metode
1. Plaas al die bestanddele behalwe die ys in ;n voedsel verwerker en maak dit baie fyn in ‘n puree. Voeg die ys by en kap fyn.

Bron: Naceema Patel, 2016 
Hoeveelheid: 2-4 porsies  

Geen opmerkings nie:

Plaas 'n opmerking